Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Lent Devotional: Restore

DAG 12 VAN 47

Herstel: Onbeskryflike genade

God se genade is die belangrikste komponent van herstel — sy gratis geskenk van onbeperkte liefde en genade. Die lied Genade onbeskryflik groot, geskryf deur John Newton, leraar en voorstaander van die afskaffing van slawerny, verwoord dit baie mooi. Lees dit stadig deur, drink die woorde in en bid dit as 'n gebed van danksegging.

1. Genade onbeskryflik groot
het U aan my bewys
verlore seun ’n wegloopkind
weer in die vaderhuis!
2. Ek is die naam van kind nie werd
wou self my sake reël.
My lewe, kanse, tyd en gedl
is nutteloos verspeel.
3. Maar U sien ver, oneindig ver.
U sien my honger, dors.
Want toe ek kom, my skuld bely,
druk U my aan die bors.
4. Genade onbeskryflik groot:
daar’s fees, ek is weer tuis!
U Seun bring my — verlore mens
weer na die vaderhuis.
5. En jy, ou maat, daar eenkant weg?
Lyk of jy honger ly.
Kom na die Vader; kom maak reg.
Genade maak weer vry.

Aangaande hierdie leesplan

Lent Devotional: Restore

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.

More

Baie dankie aan Tearfund wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.tearfund.org