Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Lent Devotional: Restore

DAG 11 VAN 47

Herstel: God is besig om my vrede te herstel

Daar is so baie in die lewe waaroor ons bekommerd is — ons loopbane, ons finansies, ons verhoudinge, ons kinders, die lys is lank. Om in 'n tyd te lewe waar sosiale media op die voorgrond is, word hierdie bekommernisse nog meer wanneer ons daagliks met boodskappe van bekende en onbekende mense gebombardeer word.

Jesus gee egter vir ons wonderlike raad: moenie oor jou lewe bekommerd wees nie. Wat 'n uitsonderlike voorreg om te weet dat die Skepper van die heelal ons beveel om ons nie te kwel nie, of 'n wrok te dra, jaloers te wees of jouself te bejammer nie. In plaas daarvan kan ons oor enige iets bid en al ons bekommernisse aan ons liefdevolle Vader oorhandig, want Hy sorg vir ons.

Hy weet wat ons toekoms inhou en laat alles ten goede meewerk, ten spyte van ons keuses. Gee aan God die eer en verheug jouself in Hom, jy as individu en as 'n burger van die wêreldwye gemeenskap.

Hemelse Vader,

ek gee al my sorge, bekommernisse, hoop en drome vir U. Ek maak 'n daadwerklike keuse om U onvoorwaardelik te vertrou. Help my om vertroosting te vind in die wete dat U my einde ken en alles vir my ten goede laat meewerk, al kan ek dit nie nou al sien nie. Herstel vandag my vrede. Amen.

Shani Page-Muir, Bankra

Aangaande hierdie leesplan

Lent Devotional: Restore

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.

More

Baie dankie aan Tearfund wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.tearfund.org