Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Herstel: Die vergete mense
By Tearfund glo ons dat gebroke verhoudinge die kern van armoede is.
Deur Jesus se dood aan die kruis, en sy opstanding, is ons verhouding met God herstel. Jesus roep ons nou om verhoudinge te herstel — en ek kan nie aan 'n beter voorbeeld dink as die werk wat ons onlangs onder die Mbuti-pigmeë van die Ituri reënwoud in die Demokratiese Republiek van die Kongo begin het nie.
Hulle is een van die oudste, mees verafgeleë en vergete mense op aarde. Die verhouding wat hulle met hul aangrensende gemeenskap het, is 'n gebroke een. Die pigmeë oorleef meestal as jagters en versamelaars, soos hulle al vir eeue lank geleef het, dus het hulle geen grondregte nie en is dikwels net die diensknegte van die groter en sterker stamme in die omgewing.
Die pigmee-vroue en kinders moet op die landerye werk en word soms geslaan. Jams ('n knolgroente soos patats) is dikwels hulle enigste betaling. Ons mag 'n keuse hê om iets tydens die Lydenstyd prys te gee, maar die pigmeë het nie 'n keuse nie.
Hemelse Vader, dankie dat U u Seun gestuur het om ons verhouding met U te herstel. Ons bid in hierdie Lydenstyd dat U herstel sal bring vir die pigmeë en hul bure — en vir elke gemeenskap regoor die wêreld waar versoening nodig is. Genees die gebrokenes en help mense om met mekaar vrede te maak. Ons bid dit in die Naam van Jesus. Amen.
David McAllister, Tearfund
'n Geringe donasie kan plaasimplemente en saad aan drie mense voorsien, wat hulle sal help om hulle eie kos te verbou en vir hulle gesinne te voorsien.Vind meer uit oor die werk onder die Mbuti-pigmeë.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.
More