Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Herstel: Radikale genade
Is daar enige terreine in jou lewe wat jy as radikaal sal beskryf? Of ekstreem? Of revolusionêr?
Daar is woorde wat ons ongemaklik kan laat voel. Ons is gewoonlik versigtig vir enigiets wat anders as die status quo is. En daar is nie juis iets daarmee verkeerd nie.
Daar is egter niks gewoon of alledaags omtrent Jesus nie. Hy was saggeaard, nie aanstellerig nie. Hy was radikaal; Hy was ekstreem; Hy was op baie maniere 'n revolusionêr. Hy was daarvoor gemartel en tereggestel.
Die mees radikale ding in die heelal, is God se genade. Genade sê: "Ek weet alles omtrent jou; jou diepste geheime, jou grootste mislukkings, al die foute wat jy al ooit gemaak het en nog sal maak. Ek het jou lief, ten spyte daarvan; Ek aanvaar jou en alles wat jy is; jy kan my troon met vrymoedigheid nader."
Here Jesus,
ek kan nooit vir U genoeg dankie sê vir u radikale geskenk van genade nie.
Ek wy my lewe aan U,
ek sal U met my hele hart volg,
ek sal u lig laat skyn,
ek sal u liefde vertoon,
ek sal in u weë wandel.
Here, help my om u genade nooit as vanselfsprekend te aanvaar nie,
maar om elke dag in die heerlike prag daarvan te leef.
Amen.
Gideon Heugh, Tearfund
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.
More
Verwante Leesplanne

Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd Oordenking

Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing

40 Daaglikse Oordenkings vir die Lydenstyd

Sewe Sleutels tot Emosionele Heelheid

Advent: Die Reis Tot By Kersfees

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 4)

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 2)

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)

Leef Vervuld - 'n Reis deur Kolossense
