Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Herstel: Shalom (Algehele vrede)
"Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors." (Jesaja 9:5)
Ek wed jou daardie vers laat jou aan Kersfees dink. Jammer daaroor.
Een van Jesus se titels wat die profeet Jesaja hier gebruik is Vredevors, of in die oorspronklike Hebreeus, Sar Shalom.
Shalom is heel waarskynlik my gunsteling woord in die hele Bybel. Dit beteken enersyds vrede, maar soos met die meeste Hebreeuse woorde het dit 'n dieper betekenis.
So baie mense in hierdie wêreld is op soek na betekenis — na daardie diep tevredenheid en vervulling wat so ver buite bereik lyk. Waarna hulle op soek is, is shalom. Dit is 'n vrede wat die volgende aspekte insluit: volledigheid, heelheid, gesondheid, vrede, welsyn, veiligheid, rustigheid, voorspoed, volheid, rus, harmonie en die afwesigheid van twis.
Dit is wat Jesaja bedoel as hy van Vredevors praat. Christus is die kern van shalom. Dit kan net in Hom gevind word en Hy bied dit verniet aan ons.
Here Jesus — Sar Shalom,
dankie vir die vrede wat U graag vir ons wil gee,
die vrede wat alle verstand te bowe gaan.
Help ons om onsself oor te gee aan die raaisel en prag van u vrede,
om op u waarheid te steun en om volkome op U te vertrou.
Amen.
Gideon Heugh, Tearfund
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.
More
Verwante Leesplanne

Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd Oordenking

Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing

40 Daaglikse Oordenkings vir die Lydenstyd

Sewe Sleutels tot Emosionele Heelheid

Advent: Die Reis Tot By Kersfees

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 4)

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 2)

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 3)

Leef Vervuld - 'n Reis deur Kolossense
