Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Herstel: God is besig om gesinne te herstel
Ons ken almal mense wat daarvan hou om melding te maak van bekende mense wat hulle ken. Hulle straal as hulle kan beweer dat hulle invloedryke, welgestelde of beroemde mense ken. Soms kom dit voor of hulle eie status en identiteit onlosmaaklik verbind is aan die beroemde mense van wie hulle melding maak.
In Psalm 68 noem God die name van mense in wie Hy besonders belangstel. Hy koppel sy identiteit aan hulle s'n. Hulle status maak vir Hom saak. Dis egter nie die wêreld se magtige elite met wie Hy assosieer nie — maar met die kwesbares, die swakkes en die uitgeworpenes.
Dié van ons wat Goddelik wil lewe, moet God hierin navolg — omgee vir, assosieer met, bly wees in onsself en onsself definieer in terme van ons verhouding met die kwesbares. Een van die maniere hoe ons dit kan doen is om 'n Tearfundondersteuner te wees.
Psalm 68 hou egter ook 'n groter uitdaging in. God plaas die eensames — die weduwees en die weeskinders — in gesinne. Die vraag is — in wie se gesinne plaas Hy hulle? Die antwoord is seer sekerlik: in ons s'n.
Hemelse Vader, ons juig omdat U ons in u gesin verwelkom het: U het ons nie as geestelike weeskinders gelos nie, maar as u eie kinders aangeneem. Help ons om diegene wat nie 'n gesin het nie, in ons lewens, huise en gesinne te verwelkom, sodat ons hulle kan herstel soos ons herstel is. Amen.
Krish Kandiah, Stigtingsdirekteur: "Home for Good", Ambassadeur vir Tearfund
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.
More
Verwante Leesplanne

Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd Oordenking

Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing

40 Daaglikse Oordenkings vir die Lydenstyd

Sewe Sleutels tot Emosionele Heelheid

Advent: Die Reis Tot By Kersfees

Die Mosterdsaad Beginsel

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs

HET JY HOM MEER LIEF AS HIERDIE?

'n Hart soos Jesus s'n
