Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Herstel: God is besig om my vreugde te herstel
Vreugde is 'n vrug van die gees. Ware vreugde is nie iets wat ons sonder die werking van die Heilige Gees in ons kan hê nie. Vreugde is nie dieselfde as om gelukkig te wees, wat op uiterlike omstandighede berus nie; vreugde is 'n diep, blywende bewuswording wat net kom as ons al hoe meer verstaan wie Jesus is en Hom in alle omstandighede begin vertrou.
Baie kere in die Skrif word ons aangesê om altyd bly te wees — om te alle tye bly te wees. Selfs as ons lyding ervaar? In tye van pyn, verwerping en diepe hartseer? Ja, te alle tye.
In die werk wat ons regoor die wêreld doen, sien ons mense wat ongelooflike, moeilike omstandighede in die gesig staar. Daar is 'n desperate nood vir die herstel van vreugde en die evangelie bied daardie moontlikheid.
Ek onthou die gesing en gedans van 'n klein gemeente in 'n verafgeleë dorpie in die Demokratiese Republiek van die Kongo — 'n nasie wat baie konflik, pyn en armoede ervaar, en tog was hier mense wat oorgeloop het van vreugde.
Here Jesus, U het die kruis verduur en U het dit gedoen ter wille van die vreugde wat dit gee om baie mense na u heerlikheid te bring. Dankie dat ek te alle tye kan juig, omdat ek U ken en die liefde wat U oor my uitgestort het. Mag nog baie mense regoor die wêreld die vreugde leer ken wat hulle in staat stel om te sing, selfs te midde van pyn. Amen.
Cheryl Bannatyne, Tearfund
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.
More
Verwante Leesplanne

Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd Oordenking

Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing

40 Daaglikse Oordenkings vir die Lydenstyd

Sewe Sleutels tot Emosionele Heelheid

Advent: Die Reis Tot By Kersfees

Van vrees na vertroue

'n Hart soos Jesus s'n

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs

Die Andersheid Van God
