Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Lent Devotional: Restore

DAG 18 VAN 47

Herstel: God is besig om my te herstel

Daar mag redes wees hoekom ons nie altyd die nodige rus kry om te herstel nie — klein kindertjies, raserige bure, angs, siekte, ens. Selfs dan is God Jehovah Jireh ons voorsiener, en sal dit altyd wees.

In 1 Konings 19 lees ons van die profeet Elia. In die aangesig van 'n dreigement van koningin Isebel, gee hy pad en vlug vir sy lewe. Hy word oorkom met vrees en wanhoop en hy vra God om sy lewe te neem. In plaas daarvan voorsien God vir Elia van rus, kos en water; Hy verseker hom van sy liefde vir hom en gee hom 'n nuwe taak.

Al val ons lewens uitmekaar, soos met Elia gebeur het, wil God ons herstel. Hy wil vir ons voldoende rus, hoop en 'n toekoms gee.

Hemelse Vader, dankie dat U ons almal wil herstel en herskep. Wanneer ons swak is en rus nodig het, help ons om ons vertroue in U te plaas. Ons dra die mense aan U op wat sukkel om daardie herstellende rus te vind en vertrou dat u, Jehovah Jireh, vir hulle sal wees. Ons bid dit in die Naam van Jesus. Amen.

Andrew Horton, Tearfund

Aangaande hierdie leesplan

Lent Devotional: Restore

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.

More

Baie dankie aan Tearfund wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.tearfund.org