Oordenkings vir die Lydenstyd geneem uit "Holy Bible: Mosaic"Voorbeeld

Doelgerigte Vas (Clyde Taber)
Die woord vas val vreemd op die oor. Ons is geneig om te huiwer om te vas, of dit te vermy. Ons vermy dit soos wat die godsdienstige leiers die beseerde Samaritaan vermy het in Jesus se gelykenis. Tog was vas 'n deel van die roetine in die lewe van die vroeë kerk.
Jesus het die beoefening van vas, as deel van die ou verbond, bevestig en aangehang. Tydens die bergrede het Jesus gesê: "Wanneer jy liefdadigheid beoefen" (Matteus 6:2 AFR20), "wanneer julle bid" (Matteus 6:5 AFR20), "wanneer julle vas" (Matteus 6:16 AFR20). Jesus het aanvaar dat gee, bid en vas, deel was van die normale geestelike lewe. Dit is nie 'n keuse nie, dit is deel van die basiese leringe in die skool van Christus.
Baie groot gebeure in die geskiedenis is voorafgegaan deur 'n vas. Nadat Moses gevas het, het hy die kleitablette ontvang wat ons kennis van sonde en die wêreld se begrip van reg verander het (Eksodus 34:28). Na Jesus se vas het die beker met wyn van die nuwe verbond begin vloei (Matteus 4:2). Nadat die leiers van die die vroeë kerk gevas het, het die Christendom oor die grense van Palestina versprei (Handelinge 13:2.) Die 20 ste eeu se kerk in Asië het gevas en nou groei dit geweldig. Die Vader wil graag die mense beloon wat met 'n rein hart vas (Matteus 6:18).
Vas kom voor 'n doel en dus moet 'n doel die vas voorafgaan. Wanneer ons vas moet ons dit sien as 'n tyd wat ons "opsy sit" om iets "te bereik." Ons eet vir 'n tydjie niks nie, sodat ons beter kan fokus op Christus en sy koninkryk. Vas vereis 'n voorneme en toewyding. Ons neem tyd af in ons besige lewens. Vas is baie voordelig as dit saamgaan met 'n soeke, opoffering en saai in die Gees, eerder as in die vlees. Wanneer ons eet, bevredig ons die vlees. Wanneer ons vas, bereik ons die geestelike koninkryk.
'n Mens pluk nie gou die vrugte van 'n vas nie. Dit is 'n praktyk wat met tyd en ondervinding verbeter. Die Here skenk genade aan ons wanneer ons vas. Vir 'n oomblik herinner dit ons aan die dood en dan laat die Heilige Gees ons besef dat die afwesigheid van kos ons help om te fokus op die lewe, lig en onderskeidingsvermoë.
Kom ons wees ook so doelgerig soos wat Jesus op sy reis na Jerusalem was. Nie "as" nie, maar "wanneer jy vas".

Aangaande hierdie leesplan

Hierdie daaglikse oordenking van 46 dae tydens die Lydenstyd voor Paasfees, is aangepas uit "Holy Bible: Mosaic". Dit bevat aanhalings, leesstukke en Skrifgedeeltes om jou te help om jou gedagtes op Christus te fokus. Dit maak nie saak of jy onseker is oor wat die Lydenstyd behels en of jy dit al lankal onderhou nie, jy sal dit inspirerend vind. Daar is Skriflesings en Bybelse insigte van Christene regoor die wêreld en regdeur die geskiedenis. Kom wees deel van die weke wat Paasfees voorafgaan en fokus op Jesus, soos kerke regoor die wêreld doen.
More
Ons sê baie dankie vir "Tyndale House" Uitgewers wat so gaaf was om hierdie leesplan vir die Lydenstyd uit "Holy Bible: Mosaic" te verskaf. Om meer te wete te kom oor "Holy Bible: Mosaic", besoek: www.tyndale.com/p/holy-bible-mosaic-nlt/9781414322056