Oswald Chambers: Vreugde - Krag In Die Here

Bybeldagboek
Alle grade van vreugde woon in die hart. Hoe kan 'n Christen vol geluk wees (as geluk afhang van die dinge wat gebeur) wanneer hy in 'n wêreld is waar die duiwel sy bes doen om siele van God af weg te draai; waar mense fisies gemartel word, waar sommige verdruk word en geen kans kry nie? Om onder sulke omstandighede gelukkig te wees, sou die gevolg van die mees ellendige selfsugtigheid wees. Maar 'n vreugdevolle hart is nooit 'n belediging nie en vreugde word nooit deur eksterne omstandighede geraak nie.



Die Bybel praat baie van vreugde, maar nêrens praat dit van 'n "gelukkige" Christen nie. Geluk hang af van wat gebeur; vreugde nie. Onthou, Jesus Christus het blydskap gehad en Hy bid "dat My vreugde in hulle vervul sal word."



Oordenkingsvrae: Wat is die verhouding van vreugde tot geluk in my lewe? Hoe dikwels laat ek omstandighede toe om my bui te bepaal? Hoe dikwels is ek vol blydskap?



Aanhalings uit: "Biblical Psychology", © Discovery House Uitgewers