Leesplan inligting

Oswald Chambers: Vreugde - Krag In Die HereVoorbeeld

Oswald Chambers: Joy - Strength In The Lord

DAG 3 VAN 30

Wanneer mense van die Bybel afwyk, is God bloot die naam wat gebruik word om die mens se belange in die algemeen te bevorder — dat God en Jesus Christus en die Heilige Gees eenvoudig bedoel is om ons te seën en ons belange te bevorder. Daarteenoor, vind ons in die Nuwe Testament presies die teenoorgestelde idee, dat ons deur wedergeboorte so in harmonie en eenheid met God gebring word, dat ons met groot vreugde besef dat ons doel is om sy belange te dien.



As ons in die Lig van God bly, is ons lewe soos dié van 'n kind; vol eenvoud en blydskap. Dit is vir 'n kind genoeg om te weet dat sy pa wil hê dat hy sekere dinge moet doen en hy leer om uit 'n krag, sterker as sy eie, te put.



Oordenkingsvrae: Gebruik ek God om my eie belange te bevorder of dien ek God om syne te bevorder? Gebruik ek die Bybel om te bewys dat ek reg is, of om uit te vind waar ek verkeerd is? Is ek bly om uit te vind waar ek verkeerd is, sodat ek tereggewys kan word?



Aanhalings uit: "The Philosophy of Sin", © Discovery House Uitgewers
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Oswald Chambers: Joy - Strength In The Lord

Ontdek die wysheid van Oswald Chambers, skrywer van "My Utmost for His Highest", in hierdie skatkis van insigte oor vreugde. Elke oordenking bevat aanhalings deur Chambers, asook vrae vir jou eie persoonlike besinning. S...

More

We would like to thank Discovery House Publishers for providing this plan. For more information, please visit: www.utmost.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid