Leesplan inligting

Ontdek jou Finansiële PadVoorbeeld

Finding Your Financial Path

DAG 9 VAN 28

Dis die gedagte wat tel.



Op die ou TV reeks, "Lifestyles of the Rich and Famous" het die gasheer Robin Leach, toere onderneem na wonings en seiljagte, om jou 'n kykie te gee in die lewe van die skatrykes. In vergelyking met multi-miljoenêrs, lyk ons salarisse maar gering. Maar God word nie deur ons bankbalans beïndruk nie. Hy is besorg oor wat in ons harte aangaan.



Markus 12 vertel die storie van 'n arm weduwee wat na die tempel toe gegaan het om te aanbid. Ryk mense het verby die skatkis geloop en groot bedrae geld daarin laat val. Maar toe die arm weduwee haar gawe moes insit, het sy net twee koper munte gehad om te gee. Die waarde was beswaarlik 'n halwe sent.



Toe Jesus die weduwee se offerande sien, het Hy vir Sy dissipels gesê dat sy meer as al die ander gegee het. Die rykes het uit hul oorvloed gegee, maar sy het alles gegee wat sy gehad het. Sy het dit alles gegee, en op God vertrou om in haar behoeftes te voorsien.



Dink Hieroor:

1. Gee jy uit jou oorvloed of opofferend?

2. Wat is jou volgende stap wanneer dit by gee kom?

3. Om ons gawes met ander s'n te vergelyk eindig amper altyd in mededinging. Het jy al ooit in die strik getrap om te vergelyk? Wat het jy daaruit geleer?



Bid:

Jesus, dankie dat U meer besorg is oor die toestand van my hart as die grootte van my gawe. Help my om meer vrygewig te word soos U.
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Finding Your Financial Path

Hierdie leesgids is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word....

More

We would like to thank NewSpring Church for providing this plan. For more information, please visit: www.newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid