1
Matteus Matteus 7:7
Contemporary Afrikaans Bible 2023
Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
Vergelyk
Verken Matteus Matteus 7:7
2
Matteus Matteus 7:8
Want elkeen wat vra, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
Verken Matteus Matteus 7:8
3
Matteus Matteus 7:24
Daarom, elkeen wat hierdie woorde van My hoor en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n wyse man wat sy huis op 'n rots gebou het.
Verken Matteus Matteus 7:24
4
Matteus Matteus 7:12
Daarom, alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen, want dit is die wet en die profete.
Verken Matteus Matteus 7:12
5
Matteus Matteus 7:14
Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.
Verken Matteus Matteus 7:14
6
Matteus Matteus 7:13
Gaan in deur die nou poort, want wyd is die poort en breed is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.
Verken Matteus Matteus 7:13
7
Matteus Matteus 7:11
As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid?
Verken Matteus Matteus 7:11
8
Matteus Matteus 7:1-2
Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. Want met watter oordeel julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
Verken Matteus Matteus 7:1-2
9
Matteus Matteus 7:26
En elkeen wat hierdie woorde van my hoor en dit nie doen nie, sal vergelyk word met 'n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.
Verken Matteus Matteus 7:26
10
Matteus Matteus 7:3-4
En waarom sien jy die splinter wat in jou broer se oog is, maar let nie op die balk wat in jou eie oog is nie? Of hoe sal jy vir jou broer sê: Laat my die splinter uit jou oog uitruk; en kyk, daar is 'n balk in jou eie oog?
Verken Matteus Matteus 7:3-4
11
Matteus Matteus 7:15-16
Pasop vir die valse profete wat in skaapsklere na julle toe kom, maar van binne roofsugtige wolwe is. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. Pluk mense druiwe van dorings, of vye van distels?
Verken Matteus Matteus 7:15-16
12
Matteus Matteus 7:17
Net so dra elke goeie boom goeie vrugte; maar 'n bedorwe boom dra slegte vrugte.
Verken Matteus Matteus 7:17
13
Matteus Matteus 7:18
'n Goeie boom kan nie slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom kan ook nie goeie vrugte dra nie.
Verken Matteus Matteus 7:18
14
Matteus Matteus 7:19
Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word afgekap en in die vuur gegooi.
Verken Matteus Matteus 7:19
YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's