Gratis leesplanne en oordenkings oor ROMEINE 5:7

Leer Om Geliefd te Wees
3 Dae
Hierdie drie-dag leesplan, gebaseer op die nuwe boek "Learning to Be Loved," sal jou help om te leer aanbeweeg van bloot te wéét van God se liefde na sy liefde werklik in jou hart te erváár. Deur praktiese stappe en eerlike besinning sal skrywers David Bowden en Mart Green jou leer om die waarheid te koester dat God jou eerste liefgehad het. Maak jouself oop vir God se diepgaande, onvoorwaardelike liefde vir jou. Begin vandag en leer wat dit beteken om werklik geliefd te wees.

Van Vryheid en Vergifnis
5 Dae
Vergifnis is 'n proses. Dit neem tyd, is duur en moeilik. Dit is die herstel van verhoudings deur 'n pynlike verlede met 'n gesindheid van liefde vry te maak. Niks verbind ons só volslae met die verlede as ons onwilligheid om te vergewe nie. Weiering om te vergewe lei tot bitterheid van die siel. Vergifnis is vryheid van bitterheid en die geneigdheid om wraak te neem. Dit heropen die toekoms na 'n nuwe begin — 'n oor begin.

Bekend — 'n Vyfdag leesplan deur Tauren Wells
5 Dae
My nuwe lied getiteld "Known," is baie betekenisvol vir my geloofsreis. My begeerte is dat ons almal eendag gewillig sal wees om te stap van hopeloosheid na hoop, van seer na genesing en van worsteling na oorgawe — dat ons om ons en na die voet van die kruis sal kyk, mekaar sal sien en hoor hoe Jesus ons vertel dat ons nie alleen is nie. Dankie dat jy my op hierdie reis vergesel. -Tauren Wells

God Is So Goed
5 Dae
Daar is krag en vrede tot jou beskikking, ongeag die omstandighede wat jy ondervind. Herontdek die goedheid van God in hierdie 5-dag leesplan van Life.Church Worship, gebaseer op die nuwe album, "God So Good".

Hoop Tydens 'n Wêreldwye Pandemie
5 Dae
Ons lewe tans in ongeëwenaarde tye op aarde. Geskiedkundig kon ons nog altyd hoop vind wanneer ons ons tot die Een wend wat alles gemaak het en wat Here van almal is. Wat sê die Bybel waarom hierdie dinge gebeur, wat is God se reaksie daarop, en wat is my hoop in lewe en dood?

Geanker in Hoop: Leesstukke uit die Nuwe Testament
5 Dae
Ons vestig dikwels ons hoop op dinge in die wêreld om ons – vir 'n bevordering, 'n beter verhouding, 'n hegter familie en genesing van siektes. Om egter net op aardse dinge te hoop, sal ons hoop beskaam word. Die Bybel sê dat ons verlies en teleurstellings op aarde sal beleef, maar God hou ons in sy ewige liefde vas. Jy sal met hierdie leesplan leer hoe God vir jou sorg en sien hoedat geestelike hoop jou met krag tydens die lewensstorme vul.

Stand van Geregtigheid
5 Dae
As ek die woord “geregtigheid” verstaan, besef ek dat ek nie deur myself geregverdig kan word nie, maar dat ek alleenlik deur Jesus Christus geregverdig kan word. In hierdie 5-dag-leesplan kyk ons na wat die woord geregtigheid beteken, hoe jy die verkry en hoekom dit nodig is.

God Is _______
6 dae
Wie is God? Ons het almal verskillende antwoorde, maar hoe weet ons wat is waar? Dit maak nie saak hoe jou ervarings met God, Christene of die kerk was nie, dit is tyd om God te ontdek vir wie Hy regtig is — werklik, teenwoordig en gereed om jou te ontmoet waar jy is. Gee die eerste tree met hierdie 6-dag leesplan wat pastoor Craig Groeschel se boodskapreeks, God Is _______, vergesel.

Besluiteloos?
7 Dae
Het jy nog nie besluit oor God nie? Is jy onseker oor wat jy glo? Gebruik die volgende sewe dae om die Bybel te verken en sien wat God oor sy ware aard aan jou openbaar. Dit is jou geleentheid om die storie vir jouself te lees en te besluit wat jy glo. Die begrip van wie God is, is te belangrik vir jou om nog besluiteloos te wees.

Op vlerke van geloof
7 dae
Deur ons geloof is ons kinders van God. Daarom maak dit nie saak wat elke dag oor ons pad kom nie – ons kan aan die Onsienlike Een vashou en in sy vrede rus en bemoediging vind. Hierdie 7-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Riekert Botha uit sy dagboek OP VLERKE VAN GELOOF.

Oorwinning Deur Middel Van Swakheid
7 Dae
Lyding kan verwarrend wees. God se volk — en selfs Jesus — het dikwels die "Hoekom?" vraag gevra wanneer hulle lyding ervaar het. Die Skrif onthul sommige, alhoewel nie almal, van God se redes hoekom Hy lyding in ons lewens toelaat nie. Deur dit alles, word ons geroep om getrou te volhard en te rus in die versekering van uiteindelike oorwinning en ewige beloning.

Die Wrok
7 Dae
Dis soos 'n albatros om die nek. Dit hou mense weg. Dis swaar en pynlik — dit is die wrok. Daar is baie onder ons wat dit nie besef nie, maar ons dra wrokke wat aan die lig moet kom. Leer hoe jy vryheid deur vergifnis kan kry gedurende hierdie 7-dag Leesplan wat deur pastoor Craig Groeschel se boodskapsreeks "The Grudge" begelei word.

Emosies
7 Dae
Die meeste van ons probeer ons emosies vermy of ignoreer. Ons mag selfs wonder of ons geloof en gevoelens nie dalk vyande is nie. Jesus het egter erge emosies gedurende sy tyd op aarde ervaar. Hy was nie van ons gedistansieer nie. Hy is by ons — selfs gedurende ons emosies. In hierdie sewe-dag leesplan, vergesel deur die Pastoor Craig Groeschel se reeks, "Emotions", gaan ons kyk hoe Jesus geleef het, om sodoende te ontdek hoe ons gevoelens moontlik ons geloof mag versterk.

Een Hart - Vader, Laat Hulle Een Wees
7 Dias
Wat as die eenheid waarna jou hart verlang presies dit is waarvoor Jesus gebid het? In sy laaste gebed in Johannes 17 bid Jesus dat ons een sal wees – net soos Hy en die Vader een is. Hierdie 7-dagleesplan nooi jou op 'n reis om nader aan God te groei, eenheid met ander te beleef, en jou rol as vredemaker in die wêreld om jou te ontdek. Elke dag bevat Skriflesing, ’n oordenking en gebed om jou te help reageer op die leiding van die Heilige Gees.

Verhoudingsraad Vir Mans
8 dae
Hoe sou dit wees as ons nie aan ons prestasies gemeet word nie, maar bemagtig word deur ons verhoudings? Deur verfrissende verhale onthul die skrywer, Roger Thomas, hoe 'n groot rol verhoudings daarin speel om 'n man te vorm. Begin vandag hierdie Life.Church leesplan saam met vriende.

Vind Rus In 'n Besige Wêreld
9 Dae
Ons kan nie verby die feit kom dat ons in 'n gedurig-roterende wêreld woon nie. Ons verlang na stilte in ons siele — maar daardie diepe rus blyk altyd buite ons bereik te wees. Of is dit? Kom ons bestee 'n paar minute gedurende die volgende paar dae, om in te loer by die huis van Maria en Marta in Betanië. Twee susters wat God liefgehad het, maar wat daardie liefde op twee heeltemal verskillende maniere bewys het. Uit die klein insident in Lukas, waar Jesus die twee susters besoek het, asook in ander Skrifgedeeltes, leer ons hoe om waarlik in Hom alleen rus te vind.

'n Bybelse Perspektief Op Dood en Lewe
9 Dae
Die dood is deel van die lewe. Of so is ons geneig om te dink. Die Here God het egter die dood oorwin. Hy bied aan ons die ewige lewe. Verbonde aan Hom ervaar ons 'n volheid van lewe in liggaam en siel.

"Our Daily Bread" Paasfees: Ongelooflike Genade
10 Dae
Ontdek meer oor God se wonderlike genade terwyl jy hierdie 10 Paasfees oordenkings van "Our Daily Bread" lees.

Sy Groot Opoffering, Ons Sendingopdrag
10 Dae
Beleef die Paasfees-gebeure hierdie jaar op ‘n spesiale manier. Begin jou belewenis in die Midde-Ooste en laat die visuele en ouditiewe ervarings van sendelinge wat wêreldwyd werk die koers aanwys, om met nuwe oë na die Paasfees-gebeure te kyk. Word opnuut bewus van die rede vir Jesus se koms aarde toe – om die siele van mense te red.

Ongegriefd
10 Dae
Die strategie van die vyand is om afstand tussen ons en ons geliefdes te plaas, een oortreding op 'n slag. Ongegriefd bied 'n riglyn vir hoe God die dinge in die lewe wat ons die meeste seermaak, kan gebruik om ons selfvertroue te vorm en ons te help om die mense te word wat ons altyd so graag wou wees. Om nie aanstoot te neem nie, gaan nie daaroor om nooit aanstoot te kry nie. Dit gaan daaroor om nie gegriefd te bly nie.

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis
10 Dae
Die Bybel is duidelik hieroor: ons as mense is sondig en verdien om gestraf te word. Maar dit verduidelik ook dat God ons vergewe wanneer ons ons sondes bely en wegdraai daarvan. God stel ons ook in staat om onsself en ander te vergewe. Dit is baie bevrydend om te vergewe, en help ons om verhoudings te herstel. Hierdie leesplan bespreek 'n paar belangrike Bybelverse oor die gee en ontvang van vergifnis.

Hoop In Donker Tye
12 Dae
Hierdie leesplan is bedoel vir iemand wat seerkry en nie verstaan hoekom nie. Indien jy iets of iemand verloor het, of jy voel jou geloof word tot die uiterste getoets, dan mag hierdie leesplan uit die boek "Hope in the Dark" van pastoor Craig Groeschel van Life.Church, net dit wees wat jy nodig het. As jy wil glo, maar nie seker is hoe nie, is dit vir jou bedoel.

Wat Is Ware Liefde?
12 Dae
Almal wil weet wat liefde eintlik is. Min mense kyk egter wat die Bybel oor liefde sê. Liefde is een van die sentrale temas van die Skrif en die belangrikste aspek van die Christelike lewe. Hierdie leesplan van Thistlebend Ministries, ondersoek die Bybelse betekenis van liefde en hoe om God en mense beter lief te hê.

Herskep deur die Waarheid
12 Dae
Een van die Satan se beste strategieë is om mense te laat voel asof hulle heeltemal alleen is in hul twyfel, angs en versoekings. Hierdie leesplan werp lig op sommige van die areas waarmee jong vrouens in hul daaglikse Christelike wandel mag sukkel. In 12 dae sal jy leer om die leuens te herken wat die Satan vir jou vertel en ook om die waarheid te ken wat in Christus te vinde is. Jy mag dalk selfs vind dat jy nie so alleen in jou stryd is as wat jy gedink het nie.

Hoop Op God!
15 Dae
Vir baie mense is "hoop" iets positiefs maar ook iets onseker. As ons op iets hoop, is ons nie seker of dit gaan gebeur nie. Die Bybel leer ons egter dat daar 'n bron van hoop is wat absoluut seker en betroubaar is: God se karakter en beloftes. Hierdie leesplan gaan oor hoop vanuit 'n Bybelse perspektief.