Gratis leesplanne en oordenkings oor FILIPPENSE 4:13

Nege algemene leuens wat Christene glo: Deel 1 van 3
3 Dae
Dalk is God nie wie jy dink Hy is nie. Miskien is Hy veel meer. Hierdie leesplan sal help om sommige Christelike, geykte uitdrukkings te identifiseer wat ons almal al gehoor het, maar wat eintlik onbybelse leuens is. Hierdie holrug geryde frases mag onskuldig voorkom, maar is eintlik skadelik vir jou geloof en laat hopeloos te veel gelowiges vassit in geestelike onvolwassenheid. Leer om hierdie leuens met die bybelse waarhede oor God te vervang om sodoende bemoediging en vryheid in jou lewe te bring.

Ek is Dankbaar
4 dae
Dankbaarheid verander wat ons het, in genoeg. Hierdie 4-dag leesplan van Life.Church sal jou help om 'n dankbaarder perspektief te ontdek. Begin lees uit deel twee van die reeks "Bly Positief" wat uit ses gedeeltes bestaan.

Breedvoerige Leierskap
4 dae
'n Sterk fondament is belangrik. Sommige van die moeilikste tye vir leiers, bring dikwels ook die meeste bestendigheid, wat uiteindelik die regte omstandighede vir dieper groei lewer. Oor die volgende vier dae sal ons Bybelse waarhede en praktiese wenke oor leierskap hersien wat jou sal uitdaag, toerus en bemoedig, terwyl jy bou aan 'n fondament van vertroue in 'n God wie se krag groter as enige uitdaging is wat oor jou pad mag kom.

Wees Die Hande En Voete
5 Dae
Nick Vujicic is wêreldwyd bekend as die man sonder arms en bene, wat 'n aansteeklik positiewe gesindheid het. Soos Nick met ons deel in "Be the Hands and Feet," is niks in sy lewe so lonend as om Jesus aan mense bekend te stel wat Hom nog nie ontmoet het nie. Wat behels dit? Hierdie vyf-dag leesplan gee ons 'n blik op die kern van Nick se boodskap en inspireer ons om ons geloof in Jesus met 'n wêreld te deel wat hoop desperaat nodig het.

Vind Bevryding van Spanning
5 Dae
Spanning is 'n werklikheid, maar dit hoef nie jou lewe te beheer nie. Deur Christus kan ons dit hervorm, herfokus en herdefinieer. As jy met spanning sukkel, kyk na hierdie 5-dag leesplan en vind uit hoe om vryheid en vrede te verkry.

Oorwin Depressie
5 Dae
Soveel mense vind hulself vasgevang in die put van depressie. Hierdie leesplan sal jou help om God se plan vir jou bevryding te begryp.

Onbereiktes
5 dae
Die goeie nuus van Jesus verander alles. Deur Jesus is ons sondes vergewe, is ons verlos van ons verlede en is ons toekoms verseker. In Hom het ons versoening, transformasie, hoop en ‘n doel om voor te lewe. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons na situasies in die Bybel kyk wat die lewensveranderende krag van die evangelie aan mense wys wat dit vir die eerste keer hoor.

Innerlike sterkte
5 dae
Innerlike krag is net van God afkomstig. Hoe nader ons aan God beweeg, hoe meer sal ons sy krag ervaar wat ons nodig het vir ons alledaagse omstandighede. In hierdie leesplan gaan ons God se waarheid oor ons karakter ontdek en hoe om sterk te staan.

My Groot Vet Mond
6 Dae
Woorde het baie krag. Hulle kan ons vernietig en opbou. Hulle kan ons wond en genees. Die regte woorde op die regte tyd kan presies wees wat ons nodig het om te hoor — of wat ons nodig het om te sê. Lees hoe vier mense, net soos jy, die regte woorde kry in hierdie nuwe leesplan van Life.Church wat gepaardgaan met Pastoor Craig Groeschel se reeks: "My Big Fat Mouth".

Eerder Vreugde as Spanning: Hoe Om Vreugde 'n Daaglikse Gewoonte te Maak
6 dae
Ons is oorspanne. Die samelewing maak ons wys dat ons die volgende gelukkige oomblik moet najaag om spanning te kan oorwin. Die Bybel skets egter vir ons 'n ander prentjie. Hierdie 6-dag leesplan sal jou wys hoe jy prakties jou daaglikse spanning kan beveg deur Bybelse vreugde 'n gewoonte te maak.

Die Dood Besit My Nie
6 Dae
My man van 53 en 'n half jaar is in 2017 oorlede en voor sy dood het hy verskeie verliese gely. In die laaste paar jaar het ek geleer om nie enige verlies toe te laat om my uit te roei nie. God het my gewys dat "dood my nie besit nie", en dat "verlies jou ook nie hoef te besit nie!" Kom leer in hierdie leesplan dat wanneer verlies na jou toe kom, jy dit kan oorwin deur ver verby jouself uit te reik en op God te vertrou.

Karakter Oefening
6 dae
Is jy gereed? Gereed vir enigiets? As jy gereed wil wees vir meer vryheid, meer vertroue en meer onafhanklikheid, dan moet jy dit inoefen. Waarvoor moet jy oefen, vra jy? Oefen om met 'n Goddelike karakter te lewe! Hierdie ses-dag leesplan met videosnitte van "The Loop Show" sal jou leer om karaktereienskappe soos eerlikheid, nederigheid, volharding — Goddelike karakter — in te oefen sodat jy vir enigiets gereed sal wees.

Hou Van Jesus
7 Dae
Die gemiddelde persoon bestee 7,4 uur per dag deur na skerms te staar. Ons is lief vir die ongelooflike voordele van tegnologie, maar baie van ons vermoed daar is negatiewe gevolge aan die gebruik daarvan. As jy voel jou digitale afhanklikheid word onhanteerbaar, sal hierdie 7-dag leesplan jou help om weer 'n Christus-gesentreerde lewe te leef. Gebaseer op die boek Liking Jesus: Following Jesus in a Selfie-Centered World, deur topverkoper, skrywer en pastoor van Life.Church, Craig Groeschel.

Genoeg: Om Die Leuens Wat Jou Selfvertroue Steel Stil Te Maak
7 Dae
Sê die stemme in jou kop jy is nie goed genoeg, slim genoeg, mooi genoeg ... of net nie genoeg nie, punt? Sharon Jaynes, die gewilde skrywer en spreker, ontbloot die leuens wat jou vasgevang hou in skaamte, onsekerheid en gevoelens van ontoereikendheid. Maak die leuens stil wat sê jy is nie goed genoeg nie, en gryp jou ongelooflike waarde aan as 'n vrou wat deur 'n almagtige God uniek gevorm en geliefd is.

Skep 'n Beter Normaal
7 Dae
Te midde van krisis en onsekerheid hunker baie van ons om terug te keer na normaal. Wat as dit egter tyd is om eerder 'n beter normaal te skep? In hierdie sewe dag leesplan sal ons ontdek hoe om op te hou om beheer te soek en eerder God te begin soek.

Hou die Kleingeld: Bestuur Jou Geld Verstandig
7 Dae
Geld kan 'n onderwerp wees wat ongemaklik is om te bespreek en moeilik is om te verstaan. Hoe ons ons geld aanwend kan egter bepaal hoe ons ons lewens deurbring. Hoe kan ons dan verseker dat ons God vereer en ander met ons finansies dien? In hierdie 7-dag leesplan, kyk ons na ware verhale van gewone mense wat leer hoe om beheer oor hul begrotings te neem en meer vrygewige lewens te lei.

Moenie Jou Bekommer Nie
7 Dae
Kom ons onthou dat Jesus self vir sy dissipels gesê het: "In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” As kinders van God is ons nie uitgesluit van beproewings of moeilikheid nie. Ons lewe in oorwinning, maar dit vat nie die moeilike tye of hartseer weg waaroor Paulus ons leer nie. Hoe ons op beproewings reageer, is wat eintlik tel.

Wees Veilig by God
7 dae
Hierdie leesplan wil jou vertel oor jou bestaan, wat jy doen en aan wie jy behoort sodat jy elke dag kan hoor hoe jou hemelse pa in jou oor fluister: “Goeie genade, jy is spesiaal!” Omdat God jou oorlaai met sy genade. Hierdie 7-dag groeiplan help jou om te kan sê: “Kom ons vier die regte dinge in die lewe.” Dit wil jou oortuig dat jy ín God veilig is.

Oop Vir Die Hier En Nou
7 dae
Die meeste mense gaan deur die dag sonder om enige godsdienstigheid daaraan te koppel. Ons kan egter bewustelik leef sodat ons besef ons is voortdurend in die teenwoordigheid van die Ewige Een — in alles wat ons dink, doen en sê.

Bruikbaar vir God
8 Dae
Geneem uit James Spencer se boek getiteld "Bruikbaar vir God: Agt lesse uit die lewe van D.L. Moody", ondersoek hierdie leesplan agt eienskappe wat in die Skrif en in die lewe van die 19de-eeuse evangelis, Dwight Moody, gesien kan word (bv. oorgegee, biddend, nederig, doelgerig en leergierig). 'n Gratis gids, insluitend hierdie oordenkings saam met aktiwiteite en addisionele oordenkingsinhoud, is ook beskikbaar om afgelaai te word by D.L. Moody Center.

Die Seën van die Alledaagse
10 Dae
Wat as die knaende gevoel dat jou geestelike lewe meer skouspelagtig moet wees, nie van die Heilige Gees af kom nie? Hierdie oordenking openbaar dat om vrede te vind wat jou verstand te bowe gaan, nie in groener weivelde is nie, maar in jou huidige lewe. Sluit die volgende tien dae by ons aan terwyl ons die seën vind in die wonderlike alledaagse, en leer om tevrede te wees daarmee.

5 Minute Saam Met God
10 dae
Die lewe kan soms soos een groot uitdaging voel. Maar God is nie ver en onbetrokke nie. Ons moet egter elke dag sy teenwoordigheid opsoek, of dit nou in daardie afgeknypte vyf minute is of intensiewe Bybelstudie. Wanneer jy deur geloofsoë kyk, sal jy God reg langs jou sien! Hierdie leesplan is saamgestel uit 5 MINUTE SAAM MET GOD deur Benescke Janse van Rensburg.

Kind van God
10 Dae
Ons het so baie titels, maar watter is die belangrikste? Kind van God, nie waar nie? Voel jy ooit oorweldig deur al die ander titels wat jy het? Om 'n kind, ouer, student, broer of suster, werknemer of atleet te wees, bring bedrywigheid. Hierdie leesplan sal kyk na maniere om God in die nommer een plek te hou terwyl jy soveel ander balle van verantwoordelikheid in die lug probeer hou.

In Vreugde en Vertroue
10 dae
Ware vreugde is ’n blydskap wat deur niks geblus kan word nie, selfs nie die heel moeilikste, donkerste omstandighede nie. Dié 10 oordenkings sal jou aanmoedig om die bron van ewige vreugde te ontdek. Jy sal sien dat ware, durende vreugde slegs moontlik is wanneer ons God se teenwoordigheid opsoek. Hierdie oordenkings is geneem uit IN VREUGDE EN VERTROUE deur Suria Scholtz.

Herskep deur die Waarheid
12 Dae
Een van die Satan se beste strategieë is om mense te laat voel asof hulle heeltemal alleen is in hul twyfel, angs en versoekings. Hierdie leesplan werp lig op sommige van die areas waarmee jong vrouens in hul daaglikse Christelike wandel mag sukkel. In 12 dae sal jy leer om die leuens te herken wat die Satan vir jou vertel en ook om die waarheid te ken wat in Christus te vinde is. Jy mag dalk selfs vind dat jy nie so alleen in jou stryd is as wat jy gedink het nie.