Gratis leesplanne en oordenkings oor HEBREËRS 12:2

Tyd om te kyk hoe jy lyk
5 dae
Elke mens kyk daagliks in die spieël. Ons sien onsself ingekleur en toegedraai vir die dag wat wag. Baie keer stap ons weg met soveel meer wat torring aan ons voorkoms, maar wat is dit regtig? Hoe "lyk" ek in my denke, my hart en gees? Hoe lees ander mense my en wat kies ek om "aan te trek"?

Aktiewe Geloof
6 Dae
Hoe kan jy daagliks ywerig in jou geloof wees? Weens die lewe se beproewings, is dit belangrik dat jy liggaamlik en geestelik fiks sal wees. Die "Active Faith Sports"-span het hierdie leesplan ontwikkel om praktiese raad daar te stel, sodat jy ywerig en fiks in jou geloofslewe kan wees. Instruksionele video's is verskaf deur Terry Williams van "League Elite Training" se fasiliteit in Houston, Texas.

Eerder Vreugde as Spanning: Hoe Om Vreugde 'n Daaglikse Gewoonte te Maak
6 dae
Ons is oorspanne. Die samelewing maak ons wys dat ons die volgende gelukkige oomblik moet najaag om spanning te kan oorwin. Die Bybel skets egter vir ons 'n ander prentjie. Hierdie 6-dag leesplan sal jou wys hoe jy prakties jou daaglikse spanning kan beveg deur Bybelse vreugde 'n gewoonte te maak.

Breek Vry Van Afguns 'n 6-dag Leesplan deur Anna Light
6 Dae
Vandag, meer as ooit tevore, sien ons mense se lewens hoe hulle wil hê dit gesien moet word. Wanneer ons dit vergelyk met ons eie lewe, kan dit afguns veroorsaak. Jy wil nie toelaat dat hierdie gees in jou sweer nie, maar wat van die skade wat afguns aanrig wanneer dit deur iemand anders teen jou gerig is? In hierdie leesplan gaan jy ontdek hoe om afguns te oorkom, jou hart te beskerm en in vrede te wandel.

WARE DEUG: Herfokus op dit wat die Meeste Saak Maak
6 dae
Voel dit vir jou of jou lewe op outomaties gestel is? Dan is dit tyd om te herfokus op die dinge wat werklik saak maak. In hierdie 6-dag leesplan wat op pastoor Craig Groeschel se boodskapreeks "True Virtue" gebaseer is, sal ons ontdek hoe om verby leë deugde te beweeg na 'n vol lewe wat God eer en ander inspireer.

Gesindheid
7 Dae
Hoe kan ons die regte gesindheid in elke situasie betoon? Wat is die regte gesindheid? Hierdie 7-dag leesplan vind antwoorde in die lewe en leringe van Christus. Laat hierdie daaglikse aanmoedigings, nadenkende gebede en kragtige Skrifte die denkwyse van Christus in jou vorm.

Hartseer Happe: Twyfel Onthul
7 Dae
Sukkel jy met hartseer? Twyfel jy oor God se goedheid wanneer die lewensstorms om jou woed? Ondervind jy lusteloosheid of verwarring in jou Geestelike wandel? Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om enige twyfel wat in jou hart mag wees uit te wys. Verder sal dit jou help om twyfel te gebruik as ‘n sein om nader na God se hart te groei.

Om 'n Gesonde Kerk Te Plant
7 Dae
Wanneer God jou tot die bediening roep, kan dit oorweldigend wees, maar dit kan ook die beste ding wees wat ooit met jou kan gebeur. Begin hier in die Woord van God as jou hart geroer is om 'n kerk te stig. Verdiep jou in hierdie 7-dag leesplan, en vind die bemoediging wat jy nodig het om met God se roeping te begin.

Besluiteloos?
7 Dae
Het jy nog nie besluit oor God nie? Is jy onseker oor wat jy glo? Gebruik die volgende sewe dae om die Bybel te verken en sien wat God oor sy ware aard aan jou openbaar. Dit is jou geleentheid om die storie vir jouself te lees en te besluit wat jy glo. Die begrip van wie God is, is te belangrik vir jou om nog besluiteloos te wees.

Goddelike Leiding
7 Dae
Ons maak elke dag keuses wat ons lewensverhaal bepaal. Hoe sou jou lewe lyk as jy foutlose keuses kon maak? In die Goddelike Leiding-leesplan, moedig Craig Groeschel, die New York Times se topverkoper skrywer en senior pastoor van Life.Church, jou aan met sewe beginsels uit sy boek: "Divine Direction", om jou te help om Goddelike wysheid vir jou daaglikse besluite te vind. Ontdek die geestelike leiding wat jy nodig het om 'n storie wat God eer, uit te leef — een wat jy graag sal wil oorvertel.

Vind God in Werkloosheid
7 Dae
Werkloosheid kan ons geestelik, liggaamlik, verstandelik en emosioneel uitdaag. Hierdie 7-dag leesplan sal jou te midde van die ingewikkeldhede van werkloosheid help om God te soek.

Reis Lig
7 Dae
In 'n besige Kersfeestyd ondervind die meeste van ons die spanning en angstigheid van gesinsverhoudings, finansiële druk, vinnige besluite en verwagtinge wat nie vervul word nie. Kom nou. Haal diep asem. Begin met hierdie leesplan van Life.Church en besef dat die las wat ons dra nie iets is wat God ons gegee het nie. Sal jy van die bagasie ontslae raak? Kom ons reis lig.

Maria Was 'n Ma
7 Dae
Moederskap is 'n glanslose, tog oorweldigende roeping wat vele vroue te beurt val. Waarmee kan ons identifiseer en wat kan ons leer van die vrou wat uitgekies is om die Messias in die lewe te bring? Lees saam met Robin Meadows hierdie 7-dag leesplan oor Jesus se ma, Maria.

Verhoudingsdoelwitte
7 Dae
Daardie perfekte verhouding wat jy so een beeld op ‘n slag bewonder, mag dalk glad nie so benydenswaardig wees in die regte lewe nie. Is dit nie so nie? Watter tipe verhoudingsdoelwitte werk dan regtig? Hierdie Life.Church leesplan, geskryf deur mense wat wissel van enkellopend tot pasgetroud tot lank getroud, sal die tipe liefde wat God vir alle verhoudings kan bied, uitlig.

Ontvang krag in die teenwoordigheid van God
7 dae
As jy elke dag God se teenwoordigheid sterk wil ervaar, moet jy meer tyd by sy voete deurbring. Dit is in sy teenwoordigheid dat ons herstel en bemagtig word om ons roeping te vervul en om die goeie stryd van geloof te veg. Hierdie oordenkings is geneem uit AARTAPPELGELOOF VIR ELKE DAG deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Wortel Voor Jou Neus
7 Dae
Ons jaag almal iets na. Gewoonlik is dit iets buite ons bereik — 'n beter werk, 'n geriefliker huis, 'n perfekte gesin of die goedkeuring van ander. Is dit nie baie uitputtend nie? Is daar 'n beter manier? Kom vind uit in hierdie nuwe leesplan van Life.Church, wat saamgaan met pastoor Craig Groeschel se reeks, "Chasing Carrots".

Ses Stappe Tot Suksesvolle Leierskap
7 Dae
Is jy gereed om as leier te groei? Craig Groeschel verduidelik ses Bybelse stappe wat enigeen kan neem om 'n beter leier te word. Ontdek 'n dissipline om mee te begin, die moed om op te hou wanneer nodig, om iemand te bemagtig, om 'n stelsel te skep, 'n verhouding te begin en die risiko wat jy moet neem.

Die Wrok
7 Dae
Dis soos 'n albatros om die nek. Dit hou mense weg. Dis swaar en pynlik — dit is die wrok. Daar is baie onder ons wat dit nie besef nie, maar ons dra wrokke wat aan die lig moet kom. Leer hoe jy vryheid deur vergifnis kan kry gedurende hierdie 7-dag Leesplan wat deur pastoor Craig Groeschel se boodskapsreeks "The Grudge" begelei word.

Vreugde: 'n Aftelling tot by Kersfees
7 Dae
Kersfees is veronderstel om 'n tyd van vreugde te wees, maar wat is vreugde nou eintlik en hoe kies jy dit as die wêreld vol hartseer en moeilikhede is? Ontdek wat "vrede op aarde" regtig beteken, deur jou in die Kersverhaal te verdiep met hierdie spesiale 7-dag Kersfees leesplan.

Emosies
7 Dae
Die meeste van ons probeer ons emosies vermy of ignoreer. Ons mag selfs wonder of ons geloof en gevoelens nie dalk vyande is nie. Jesus het egter erge emosies gedurende sy tyd op aarde ervaar. Hy was nie van ons gedistansieer nie. Hy is by ons — selfs gedurende ons emosies. In hierdie sewe-dag leesplan, vergesel deur die Pastoor Craig Groeschel se reeks, "Emotions", gaan ons kyk hoe Jesus geleef het, om sodoende te ontdek hoe ons gevoelens moontlik ons geloof mag versterk.

Groter Beloning
7 Dae
Die dissiplines wat jy vandag ontwikkel bepaal die verhale wat jy môre gaan vertel. Hoe voel jy oor die verhaal wat jy vertel? In hierdie 7-dag leesplan begelei deur Pastoor Craig Groeschel se "Greater Reward" boodskap reeks, sal ons ontdek wat dissipline is, hoekom dit belangrik is en hoe om dit te inkorporeer in ons fisieke, verstandelike en geestelike lewens.

Om die Oorlog in Jou Gedagtes te Wen
7 Dae
Die meeste lewensgevegte word in ons denke gewen of verloor. Hoe kan ons egter begin om meer van hierdie gevegte te wen? In hierdie 7-dag leesplan uit die boek van Pastoor Craig Groeschel van Life.Church, sal ons ontdek hoe om giftige gedagtes te beveg, om gedagtes wat buite beheer raak te oorkom, en om die oorlog in ons denke te begin wen, deur gebruik te maak van God se waarheid as ons gevegsplan.

Diep Reiniging: Raak Ontslae van Skaamte, Giftige Invloede en Onvergewensgesindheid
7 Dae
Sê nou jy het nie nodig om te wag totdat jy breekpunt bereik om dit wat in jou lewe gebroke is te herstel nie? Net soos wat ons daarin belê om ons huise skoon te maak, is dit tyd om die Heilige Gees uit te nooi om ons harte skoon te maak. In hierdie 7-dag leesplan gaan ons leer hoe om van ons emosionele bagasie te laat vaar wat ons terughou en ons belas.

'n Beter Weg
7 Dae
Het jy al ooit gevoel, ongeag hoeveel dinge jy reg doen, dat dit altyd die verkeerde resultate oplewer? Dalk probeer jy met God kontak maak, maar jy voel of jy verder van Hom is as ooit tevore. As jy op die punt van ineenstoring is, is hierdie 7-dagleesplan, gelei deur Pastoor Craig Groeschel, beslis vir jou. Die tyd het aangebreek om nie langer vir Jesus te werk nie, maar eerder in Jesus se weg te wandel.

Naby aan die Gebrokenes van Hart: Hoe om van Hartseer te Genees op God se Manier
7 Dae
Of jy die verlies van 'n vriendskap, gebroke droom of 'n gebroke verhouding ervaar — om hartseer te ervaar kan verwarrend en uitdagend wees. In hierdie 7-dag leesplan gaan jy leer hoe om jou hartseer te hanteer op God se manier.