YouVersion Logo
Search Icon

BibleProject | Verlossing in die BybelverhaalSample

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal

DAY 7 OF 8

'n Groter Verlosser

In vandag se leesstuk sal ons sien hoe die Bybel se tema van verlossing sy hoogtepunt bereik in een mens: Jesus.

Hoewel sommige van die Jode uit ballingskap teruggekeer het, was Israel se verlossing nie volledig nie. God se teenwoordigheid het nooit na die tempel teruggekeer nie, en vyande het voortgegaan om die mense te onderdruk. Maar Israel se profete het na ’n groter heerser uitgesien – ’n menslike koning uit Dawid se koninklike nageslag wat deur God gestuur is.

Vandag se gedeelte in Jesaja bevat ’n beskrywing van hierdie heerser as iemand wat almal seën, vryheid bring en eindelose geregtigheid en regverdigheid vestig (Jes. 9:1-6). Let op hoe Jesaja nie ’n oorlogvoerende koning beskryf nie, maar die “Vredevors”.

Nadat hulle vir eeue gewag het vir hierdie koning het Jesus van Nasaret uiteindelik opgedaag. Die Nuwe-Testamentiese evangelieskrywers verbind die woorde van Jesaja en ander profetiese boeke direk met Jesus.

Sagaria profeteer oor Jesus en verklaar dat God se verlossing reeds begin het – hierdie is die Koning wat sy volk sal red en verlos (Lukas 1:67-69). Die profetes Anna gaan na almal wat “na die verlossing van Jerusalem uitgesien het” om hulle van Jesus te vertel (Lukas 2:36-38). Soos Jesaja gesê het, kom hierdie verlossing deur middel van' n koning wat nie gewelddadige mag gebruik nie. Hy het eerder gekom “om te dien en sy lewe te gee as losprys [of losprys betaling] vir baie mense” (Markus 10:42-45).

In die volgende (en laaste) dag van hierdie leesplan sal ons kyk na gedeeltes wat daarop dui dat mense se werklike vyande nie mense is nie, maar die kosmiese magte van sonde en dood.

Oordenking:
Wanneer jy dink aan die mag wat dit moontlik sal neem om mense van ons wêreld se rykste en goddeloosste tiranne te bevry, watter beelde kom by jou op? Ons dink dikwels dat bose mag slegs onder ’n groter (en soortgelyke) mag kan ineenstort, maar Jesus se oneindige mag werk anders. Hoe daag verhale oor Jesus se lewe op aarde algemene aannames oor mag uit?
Vandag se video vertel van Jesus se geboorte en hoe sy ma, Maria, daarop reageer. Wat openbaar Maria se loflied omtrent die aard van Jesus se Koninkryk? Hoe sien jy dat dit verband hou met verlossing?

About this Plan

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal

BibleProject het hierdie plan ontwerp om individue, gesinne en groepe te help om na te dink oor sleutelgedeeltes wat die Bybel se veelsydige tema van verlossing uitlig. Wat is verlossing? Hoe werk dit? Wat is die doel daarvan? Deur middel van die Skrif, kort video’s en vrae volg hierdie plan die tema van verlossing vanaf Israel se eksodus tot by Jesus se verhaal en selfs verder en wys hoe God mense uit slawerny en dood red tot vryheid, liefde en ware rus.

More