BibleProject | Verlossing in die BybelverhaalSample

Verlossing van Dodelike Nood
Ons het gesien hoe verlossing ’n betaling of herstel terug aan die familie kan behels. Maar vandag sal ons kyk hoe die Bybelse outeurs die term verlossing ook kan gebruik om na enige soort redding uit ’n gevaarlike situasie te verwys.
Die Psalms beskryf hoe God mense uit gevaar red. In Psalm 55:16-19 roep die psalm skrywer– wat deur wrede vyande oorweldig is – om redding uit. In reaksie hierop verlos God die skrywer van gevaar.
Psalm 49 lig egter die probleem uit dat selfs iemand wat verlos word, onvermydelik steeds die dood sal ondervind. Die skrywer nooi lesers uit om menselewe as oneindig waardevol en onskatbaar te beskou – geen losprys of betaling is voldoende om lewe vir ewig te bewaar nie (Ps. 49:8-10). Tog spreek die skrywerdie hoop uit dat God sy lewe “beslis” teen die mag van die dood sal bewaar (Ps 49:16), en spreek hy die geloof uit dat alleen God blywende verlossing van die dood kan voorsien.
Die Bybelse hoop dat God ons wêreld van dood en ondergang sal red, is op die eksodusverhaal gegrond. Ons het in ons eerste dag se leesstuk gesien hoe God opgetree het om die Israeliete van slawerny in Egipte te verlos en hulle terug te bring na sy familie deur hulle te red van die gevaarlike, dodelike situasie van slawerny in Egipte.
Oordenking:
Pas die konsep van verlossing as redding goed by wat jy reeds oor verlossing in die Bybel verstaan het, of daag dit jou vorige begrip uit? Indien wel, hoe?
About this Plan

BibleProject het hierdie plan ontwerp om individue, gesinne en groepe te help om na te dink oor sleutelgedeeltes wat die Bybel se veelsydige tema van verlossing uitlig. Wat is verlossing? Hoe werk dit? Wat is die doel daarvan? Deur middel van die Skrif, kort video’s en vrae volg hierdie plan die tema van verlossing vanaf Israel se eksodus tot by Jesus se verhaal en selfs verder en wys hoe God mense uit slawerny en dood red tot vryheid, liefde en ware rus.
More









