YouVersion Logo
Search Icon

BibleProject | Verlossing in die BybelverhaalSample

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal

DAY 3 OF 8

Verlossing en Rus

God het Israel uit slawerny verlos, maar dit was slegs die begin van' n reis na ware en blywende vryheid. Vandag se gedeelte uit Levitikus 25 wys hoe God se verloste mense leer om mekaar en die land wat God aan hulle gegee het te verlos (Lev. 25:19-28).

Soms het omstandighede arm mense gedwing om hulle grond of selfs hulleself as slawe te verkoop. God se opdrag laat familielede toe om hierdie mense teen ’n prys “los te koop” (Lev. 25:47-55). Skrywers gebruik dieselfde woord om te beskryf hoe God die Israeliete van slawerny in Egipte “verlos”, maar hier roep God die Israeliete om mekaar te verlos.

Maar nie almal in hierdie situasie kon dit bekostig om hulle familielede te verlos nie; daarom gee God instruksies om ’n Jubeljaar te hou, wat een keer elke 50 jaar plaasvind. Gedurende hierdie tyd word alle skuld afgeskryf en word alle Israelitiese skuldslawe vrygelaat, sonder uitsondering (Lev. 25:8-12). Die idee is dat niemand in hulle wêreld in ‘n toestand van eindelose onderdrukking gehou moet word nie (sien Lev. 25:17).

Hierdie wette berus op die beginsel dat mense en die hele skepping aan God behoort. God het mense geskape om op ‘n liefdevolle manier in die land te lewe wat lei tot voorspoed en Sabbatsrus – ware en blywende shalom.

Deur Israel te roep om op ‘n verlossende manier teenoor ander en die land te leef, roep God Israel om te lewe soos Hy doen as iemand wat konsekwent op ‘n verlossende manier optree.

Oordenking:
Waarom dink jy wou God hê dat Israel Sabbatsrus vir die land en diere moes voorsien? Wat sê dit omtrent God se verhouding nie net met die mensdom nie, maar ook met die hele skepping?

About this Plan

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal

BibleProject het hierdie plan ontwerp om individue, gesinne en groepe te help om na te dink oor sleutelgedeeltes wat die Bybel se veelsydige tema van verlossing uitlig. Wat is verlossing? Hoe werk dit? Wat is die doel daarvan? Deur middel van die Skrif, kort video’s en vrae volg hierdie plan die tema van verlossing vanaf Israel se eksodus tot by Jesus se verhaal en selfs verder en wys hoe God mense uit slawerny en dood red tot vryheid, liefde en ware rus.

More