YouVersion Logo
Search Icon

BibleProject | Verlossing in die BybelverhaalSample

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal

DAY 6 OF 8

Verlossing uit Ballingskap

Net soos God die Israeliete uit slawerny in Egipte verlos het, sal Hy eeue later ‘n ander generasie Israeliete uit ballingskap en gevangenskap in Babilon verlos.

In die boek Jesaja sien ons dat God belowe het om Israel uit ballingskap te red en hulle deur waters te bring sonder om skade te ondervind en te verlos deur woestyne sonder om dors te wees (Jesaja 43:1-7; 48:20-21). Hierdie taal klink net soos die eksodus. Israel het veilig deur die waters van ’n see gegaan en in ’n woestyn in waar God hulle dors bevredig het (sien Eks. 14:21-22; 15:24-27; 17:1-7).

Dieselfde God wat ’n pad deur die dodelike waters van die Rooisee gemaak het, wat Jesaja as ’n woedende seemonster beskou, sal ook vir sy volk ’n weg baan om uit lewensgevaarlike ballingskap in Babilon te kom (Jes. 51:9-11).

Let op hoe God se verlossing vir mense insluit dat Hy hulle vry maak en hulle ook vergewe vir die slegte besluite wat in die eerste plek tot ballingskap gelei het. God sê dat hulle oortredinge verwyder sal word soos miswolke wat wegraak (Jes. 44:22). Hy nooi hulle uit om weer in ’n liefdevolle verhouding met Hom te staan– om as familielede na Hom toe terug te keer.

Die tema van verlossing uit ballingskap duur voort in die Nuwe Testament, waar volgelinge van Jesus hulself sien as gevange Israeliete in Babilon – as vreemdelinge wat die pyn van onderdrukking in ballingskap ervaar terwyl hulle hulle tot God in Christus wend vir redding (1 Pet. 2:9-12).

Oordenking:

Hoe gebruik Jesaja die eksodus-verhaal om te beskryf wat God vir Israel in Babiloniese ballingskap sal doen? Waarom dink jy gebruik Jesaja hierdie spesifieke verhaal?

About this Plan

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal

BibleProject het hierdie plan ontwerp om individue, gesinne en groepe te help om na te dink oor sleutelgedeeltes wat die Bybel se veelsydige tema van verlossing uitlig. Wat is verlossing? Hoe werk dit? Wat is die doel daarvan? Deur middel van die Skrif, kort video’s en vrae volg hierdie plan die tema van verlossing vanaf Israel se eksodus tot by Jesus se verhaal en selfs verder en wys hoe God mense uit slawerny en dood red tot vryheid, liefde en ware rus.

More