Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 BybelstudiesSample

Bybelstudie 26/30
Nr.8/12
Jesus beveel: Vergewe
Sleutelbeginsel
Een van die belangrikste beginsels van die evangelie van Jesus Christus, is vergifnis. Jesus het aarde toe gekom sodat ons vergewe kon word. Daarom verwag God ook van ons om te vergewe. Daar is geen evangelie sonder vergifnis nie. Jesus is radikaal oor vergifnis.
Sleutel Skrifgedeeltes
Matteus 6:12, 14-15 – (Ons Vader) … vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree… As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.
Bestudeer veral Matteus 18:21 baie intensief.
3 Vrae
1. Wat leer ons oor God in hierdie 3 Skrifgedeeltes? (Hoe openbaar God Homself aan ons in hierdie Skrifgedeeltes? Wat leer ons van sy karakter, sy werk, bevele en beloftes?)
2. Wat leer ons van onsself of mense in hierdie Skrifgedeeltes? (Wat verwag God van my? Wat moet in my lewe verander? Watter verantwoordelikhede gee God vir my? Hoe moet ek teenoor ander leef? Hoe dink God oor my?)
3. Waarom dink jy is hierdie gedeelte in die Bybel?
Watter 2 dinge staan vir jou uit in hierdie 3 Skrifgedeeltes?
Gehoorsaamheid: Die gedeeltes wat ons bestudeer het, is die Woord van God. Hoe moet ons reageer op dit wat Hy hier sê? Hoe moet ek God gehoorsaam?
Notas
Vergifnis is 'n wye en soms komplekse onderwerp en dikwels 'n groot probleem in mense se lewens. Dit is belangrik om alle onvergewensgesindheid in gebed na die Here te bring. As jy nie daarin slaag om vry te word van die sonde van onvergewensgesindheid nie, kan jy na 'n volwasse gelowige gaan en saam met daardie persoon oor die saak bid. Soms is professionele hulp nodig.
As jy vind dat jy nie bereid is om te vergewe nie, vra die Here om jou gewillig te maak.
As jy iemand aanstoot gegee het, moet jy om vergifnis vra. Baie mense wil daaroor stry en sê dat hulle slegs sal vergewe as die ander persoon (ook) erken dat hulle verkeerd gedoen het. Jou verantwoordelikheid is om te bely wat jy verkeerd gedoen het. Laat die res aan die Here oor. Hy sal die ander persoon op sy manier en op sy eie tyd hanteer.
Scripture
About this Plan

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.
More
Related Plans

The Legacy of a Man – It Starts Today

When Grief and Loss Become a Spiritual Battlefield

30-Day Marriage Class by Vance K. Jackson

It Starts With One

Matthew's Journey: 'The Gifts You Have' (Part 4)

Carried Through Cancer: Five Stories of Faith

Journey Through Ephesians

Hospitality and the Heart of the Gospel

Acts 22:22-30 | in God's Hands
