Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 BybelstudiesSample

Bybelstudie 27/30
Nr.9/12
Jesus beveel: Seksuele reinheid en ‘n heilige lewe
Sleutelbeginsel
God se standpunt oor seksuele reinheid is duidelik in beide die Ou Testament en die Nuwe Testament. In die boek Spreuke waarsku God teen onsedelike gedrag en die vernietigende gevolge van onreinheid en immoraliteit. Toe Jesus gekom het, was Hy duidelik oor egskeiding en owerspel. Wanneer ons die briewe van die apostel Paulus lees, waarsku hy keer op keer teen onsedelikheid en seksuele wangedrag. Volgelinge van Jesus moet geen ruimte maak vir onsedelike gedrag nie.
Sleutel Skrifgedeeltes
Matteus 5:27-32 – Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’ Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na ’n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg. “As jou regteroog jou laat struikel, haal hom uit en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel gegooi word. Of as jou regterhand jou laat struikel, kap hom af en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel beland.” Daar is gesê: ‘Elkeen wat van sy vrou skei, moet aan haar ’n skeibrief gee.’ Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei behalwe oor owerspel, maak dat sy egbreuk pleeg, en iemand wat met die geskeide vrou trou, pleeg ook egbreuk.”
Matteus 19:3-9 en 1 Korintiërs 6:19-20 is belangrike gedeeltes om te bestudeer.
3 Vrae
1. Wat leer ons oor God in hierdie 3 Skrifgedeeltes? (Hoe openbaar God Homself aan ons in hierdie Skrifgedeeltes? Wat leer ons van sy karakter, sy werk, bevele en beloftes?)
2. Wat leer ons van onsself of mense in hierdie Skrifgedeeltes? (Wat verwag God van my? Wat moet in my lewe verander? Watter verantwoordelikhede gee God vir my? Hoe moet ek teenoor ander leef? Hoe dink God oor my?)
3. Waarom dink jy is hierdie gedeelte in die Bybel?
Vraag: Waarom wil God hê dat ons seksueel rein en heilig moet lewe? Lees hierdie gedeeltes noukeurig deur.
1 Praktiese ding om te gaan doen
Gehoorsaamheid: Die gedeeltes wat ons bestudeer het, is die Woord van God. Hoe moet ons reageer op dit wat Hy hier sê? Hoe moet ek God gehoorsaam? Wat sê die Heilige Gees vir my in hierdie Skrifgedeeltes?
About this Plan

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.
More
Related Plans

The Legacy of a Man – It Starts Today

When Grief and Loss Become a Spiritual Battlefield

30-Day Marriage Class by Vance K. Jackson

It Starts With One

Matthew's Journey: 'The Gifts You Have' (Part 4)

Carried Through Cancer: Five Stories of Faith

Journey Through Ephesians

Hospitality and the Heart of the Gospel

Acts 22:22-30 | in God's Hands
