YouVersion Logo
Search Icon

Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 BybelstudiesSample

Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies

DAY 30 OF 36

Bybelstudie 24/30

Nr.6/12

Jesus beveel: Jy moet God en jou naaste liefhê

Sleutelbeginsel

Om God lief te hê met jou hele wese is die eerste en belangrikste gebod in die Bybel. Jesus het ook gesê dat dit net so belangrik is om jou naaste lief te hê. In Matteus 5 het Jesus dit duidelik gemaak dat ons naaste ons vyande insluit. Dit is die twee belangrikste bevele in ‘n Christen se lewe en dit bepaal hoe ons moet lewe, moet dink en praat en wat ons moet gaan doen.

Sleutel Skrifgedeeltes om te bestudeer

Matteus 22:37 Matteus 5:38-47

Bestudeer hierdie gedeeltes

1. Wat leer Matteus 22:38-40 ons oor die karakter van God en wat Hy van ons as mense verwag?

2. Hoe beïnvloed dit wat Jesus in Matteus 5:38-47 sê, jou daaglikse lewe?

3. Wat vind jy die uitdagendste aspekte in Matteus 5:38-47?

1 Praktiese ding om te gaan doen

Gehoorsaamheid: Die gedeeltes wat ons bestudeer het, is die Woord van God. Hoe moet ons reageer op dit wat Hy hier sê? Hoe moet ek God gehoorsaam? Wat sê die Heilige Gees vir my in hierdie Skrifgedeeltes? Wat moet in my lewe verander? Hoe moet ek hierdie Skrifgedeeltes in my lewe toepas? Hoe kan ek vir iemand tot seën wees? Skryf een ding neer wat jy binne die volgende 48 uur kan gaan doen.

Gebed: Bid vir jou persoonlike behoeftes en oor die dinge wat God vir jou uit die Skrif geopenbaar het. Dank God vir sy oneindige en onbegryplike genade. Ruim tyd in vir sondebelydenis. Bid vir straatkinders en mense in uiterste armoede, plakkerskampe en mense wat nie blyplek het nie.

Gesels met jou vriende en familie oor hierdie Skrifgedeeltes. Vra hulle hoe hulle hierdie gedeeltes verstaan en hoe dit prakties ons gedrag moet bepaal.

About this Plan

Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.

More