YouVersion Logo
Search Icon

Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 BybelstudiesSample

Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies

DAY 34 OF 36

Bybelstudie 28/30

Nr.10/12

Jesus beveel: Laat julle doop

Sleutelbeginsel

Daar is 'n bevel van Jesus dat ons gedoop moet word. Doop is 'n openbare verklaring dat ons alle bande met ons vorige lewens verbreek. Ons draai weg van toewyding aan enige ander god, 'n leefstyl van sonde en rebellie teen God. Met die doop verkondig ons die boodskap van die evangelie: "Ek het saam met Christus gesterf en is opgewek uit die dood." Dit is 'n proklamasie van dit wat ons glo. Dit is 'n geloofsverklaring.

Moet alle gelowiges gedoop word? Ja. Matteus 28:19 is duidelik hieroor.

Wie kan nuwe bekeerlinge doop? Daar is geen voorskrifte in die Bybel dat byvoorbeeld net pastore of geestelike leiers mense kan doop nie. In denominasionele of tradisionele kerke doen pastore dit gewoonlik. Maar daar is geen Nuwe Testamentiese beperkings met betrekking tot wie 'n nuwe bekeerling mag doop of nie. Dit spreek vanself dat die persoon wat iemand anders doop, 'n Christen moet wees.

Moet ek met water gedoop word om gedoop en met die Heilige Gees vervul te word? Nee. Daar is geen Skriftuurlike bewyse dat 'n mens gedoop moet word om met die Heilige Gees vervul te word nie.

Sleutel Skrifgedeeltes

Matteus 28:18-20 - Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.

Romeine 6:3-11 – Dit is ‘n belangrike gedeelte om die essensie van die doop te verstaan.

3 Vrae

1. Wat leer ons oor God in hierdie 2 Skrifgedeeltes? (Hoe openbaar God Homself aan ons in hierdie Skrifgedeeltes? Wat leer ons van sy karakter, sy werk, bevele en beloftes?)

2. Wat leer ons van onsself of mense in hierdie Skrifgedeeltes?(Wat verwag God van my? Wat moet in my lewe verander? Watter verantwoordelikhede gee God vir my? Hoe moet ek teenoor ander leef? Hoe dink God oor my?)

3. Waarom dink jy is hierdie gedeelte in die Bybel?

Is jy gedoop? Dit is ‘n direkte opdrag van Jesus.

About this Plan

Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 Bybelstudies

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.

More