Vir Nuwe Volgelinge Van Jesus - 30 BybelstudiesSample

Bybelstudie 29/30
Nr.11/12
Jesus beveel: Versorg die armes
Sleutelbeginsel
Wanneer jy die Skrifgedeelte hieronder lees, sal jy sien hoe ernstig Jesus daaroor is dat ons sal omsien na die armes en behoeftiges, die wat honger en siek is. Die gedeelte gaan ook oor mense in die tronk en mense sonder klere, en oor die armes, swakkes en onderdruktes. Hy gebruik radikale taal wanneer Hy oor hierdie sake praat.
Sleutel Skrifgedeelte om te bestudeer (Lees asb die hele gedeelte: verse 31-46
Matteus 25:31-46 – Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit. Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die mense van mekaar skei soos ’n wagter die skape van die bokke skei. Die skape sal Hy regs en die bokke links van Hom laat staan. “Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ’n vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’ ...En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’ “Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is... En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.”
Vraag:
1. Wat sê die Heilige Gees vir jou oor hierdie Skrifgedeelte?
2. Watter gevolge het ons optrede of gebrek aan optrede t.o.v. die nood van die wêreld rondom ons, volgens hierdie Skrifgedeelte?
Gehoorsaamheid: Die gedeeltes wat ons bestudeer het, is die Woord van God. Wat sê die Heilige Gees vir my in hierdie Skrifgedeeltes? Wat moet in my lewe verander? Hoe moet ek hierdie Skrifgedeeltes in my lewe toepas? Hoe kan ek vir iemand tot seën wees?
Scripture
About this Plan

Daar is elke dag duisende nuwe bekeerlinge. Hierdie materiaal is geskryf om hierdie jong bekeerlinge toe te rus om dissiples van Jesus te wees. Ons noem dit "Die eerste 30 treë". Hierdie Bybelstudies kan as individue gedoen word. MAAR: Die grootste waarde wat iemand uit hierdie Bybelstudie sal put is as dit in 'n groepie van 3-4 deurgewerk word. Die persoon wat die nuwe bekeerling na die Here gelei het, kan dit een-tot-een doen of in 'n groep van 3-4.
More
Related Plans

The Legacy of a Man – It Starts Today

When Grief and Loss Become a Spiritual Battlefield

30-Day Marriage Class by Vance K. Jackson

It Starts With One

Matthew's Journey: 'The Gifts You Have' (Part 4)

Carried Through Cancer: Five Stories of Faith

Journey Through Ephesians

Hospitality and the Heart of the Gospel

Acts 22:22-30 | in God's Hands
