kykNET Lydenstydgids 2025: In die Skadu van GetsemaneSample

Waak
Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Matteus 26:41
Jesus maak sy slapende volgelinge wakker. Kry vir ‘n paar oomblikke die beeld in jou gedagtes en sit daarmee. Hy wil sy volgelinge wakker maak, bewus maak van wat werklik aan die gang is. Van die Vader se liefde en teenwoordigheid en werk – hier, nou, in en deur hulle. Hulle lewens is nie klein nie, maar hulle kan nie sien dat hulle deel is van iets groots wat besig is om te gebeur nie.
Daar kom gedurig boodskappers na ons van Hom af om ons wakker te maak. In baie van ons ervaringe is daar ‘n boodskap met die potensiaal om ons wakker te maak. Ons ignoreer, vermy of minag baie van hierdie ervaringe en dit kan baie ontwrigting in ons innerlike wêreld veroorsaak. ‘n Egskeiding, finansiële terugslag, die dood van ‘n geliefde en gemoedsversteuring het groot krag om ons bewussyn te verdoof.
Nie net negatiewe ervaringe nie, maar ook positiewe ervaringe — die geboorte van ‘n kind, groot intense liefde, ‘n droom, fisieke gebeure soos verandering, asemhaling — kan boodskappers wees. In plaas daarvan om net om te draai en verder te slaap — aan te gaan soos voorheen — kan ons wakker word. Besluit om te reageer, te luister en te kyk. Ons ontwaak deur te reageer op die boodskappe wat na ons toe kom. ‘n Hele nuwe wêreld gaan vir ons oop en ons kry nuwe energie om mee te leef.
Oefening
- Vra Hom om jou bewus te maak van die boodskappers wat Hy stuur om jou wakker te maak.
- Dink vir ‘n paar oomblikke na oor die wonderlike en uitdagende dinge wat nou in jou lewe gebeur.
- Kyk na die ervaringe as boodskappers en laat hulle jou na die Sender van die boodskap neem.
- Praat met Hom oor wat jy dink en voel oor die boodskappers en deel jou voornemens met Hom.
Gebed: Ek vra vir ‘n diep bewussyn van u liefde en werk in my lewe.
Scripture
About this Plan

Met hierdie Lydenstydreis bring ons 40 dae in Getsemane deur — daar in die tuin waar Jesus angsbevange by sy Vader pleit en in gesprek met God tree.
More
Related Plans

Heaven (Part 1)

Made New: Rewriting the Story of Rejection Through God's Truth

Growing Your Faith: A Beginner's Journey

God in 60 Seconds - Fun Fatherhood Moments

Heaven (Part 3)

Kingdom Parenting

Drawing Closer: An Everyday Guide for Lent

Hebrews: The Better Way | Video Devotional

Experiencing Blessing in Transition
