kykNET Lydenstydgids 2025: In die Skadu van GetsemaneSample

Waak en bid
Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Matteus 26:41
Ek het eenkeer met ‘n leier van die kerk in die Ooste gepraat en hy het vir my gesê: “Julle kan ons leer bid en ons kan julle leer waak.” Sy gevoel was dat die Westerse Christene klem lê op gebed en die Christene in die Ooste klem lê op waak. Sy woorde bly by my – my blootstelling en tyd saam met Hom laat my nou ook so voel. Ek kan nie onthou dat iemand my ooit tot en met die voltooiing van my teologiese studies iets geleer het oor waak nie. Tog is dit ‘n opdrag van Jesus en wys Hy ons wat dit is om waaksaam te leef.
Om te waak beteken om wakker, opmerksaam en bewus te wees. Let op die sinspeling tussen slaap en ‘n innerlike toestand van onbewustheid. Paulus eggo die opdrag as hy vir Christene sê dat hulle moet ontwaak, en opstaan (Efesiërs 5:14). Hulle is liggaamlik wakker, hulle lees immers sy woorde, maar is totaal onbewus van groter, onsigbare werklikhede wat bestaan en van die Vader se aktiwiteit en dit wat besig is om te gebeur. Die dissipels saam met Jesus was nie bewus van alles wat besig was om te gebeur of hoe groot en belangrik die oomblik was nie. Dit was ‘n kruispad in Jesus se lewe en Hy het groot keuses om te maak. Hy kan koers verander, ‘n ander pad neem. Hy besef sy uur het gekom (Matteus 24:45). Die dissipels slaap.
Ons word uitgenooi om met ‘n groter, uitgebreide, meer volledige bewussyn te lewe. Om bewus te wees van waar ek is, saam met wie ek is, wat in my gebeur en waar God in alles is. Die pad van groei na hierdie bewussyn is ‘n pad van gebed. Om bewus te raak is ‘n vorm van gebed. Daar is ander paaie ook, kortpaaie deur van middele en tegnieke gebruik te maak. Maar Hy nooi ons uit om Hom te volg op die pad wat Hy stap.
Oefening
Vra Hom om jou bewussyn te verskerp.
- Vra die Here vir die gawe om meer bewus te wees van sy teenwoordigheid in jou lewe.
- Dink na oor jou bewussyn en kyk of jy kan agterkom op watter aspek van jou lewe jy soms fokus (of vashaak) en watter aspekte jy soms nie in ag neem nie. (Aspekte soos jou lyf, omgewing en ander mense. Jou innerlike wêreld en ander se gevoelens en denke. Die Here in alles. Ek-Ek / Ek-Jy / Ek–Dit / Ek–U).
Gebed: Ek vra vir ‘n diep bewussyn van u liefde en werk in my lewe.
Scripture
About this Plan

Met hierdie Lydenstydreis bring ons 40 dae in Getsemane deur — daar in die tuin waar Jesus angsbevange by sy Vader pleit en in gesprek met God tree.
More
Related Plans

How Christians Grieve Well

Meaningful Relationships, Meaningful Life

Daniel: Remembering Who's King in the Chaos

Prayers for My Wife

Serve: To Wield Power With Integrity

Heart of Worship

A Prayer for My Husband: Part 1

Gems of Motherhood~ Letters to a Mama: 20ish Things I Wish I Knew Before Becoming a Mom

(Re)made in His Image
