kykNET Lydenstydgids 2025: In die Skadu van GetsemaneSample

Bewus van Hom
… waak saam met My. Matteus 26:38
In die verhaal wat ons lees, het ons iets agtergekom van die aard en inhoud van die bewussyn waarmee Jesus geleef het. Hy het ‘n duidelike oop en omvattende, breë bewussyn gehad. Hy was altyd bewus van sy Vader se teenwoordigheid en werk in sy lewe. Hy sê dat Hy in die Vader is, en die Vader in Hom. Hy doen niks tensy Hy dit nie van die Vader hoor nie.
Om bewus te wees beteken nie dat jy die heeltyd gefokus is en aan iets spesifiek dink nie. Dit is nie ‘n oop bewussyn nie, maar ‘n gefokusde, doelbewuste bewussyn. As jy byvoorbeeld by die huis is, en jou lewensmaat nie daar is nie, voel die plek anders. Jy dink nie die heeltyd daaraan dat jy alleen is nie, maar is tog die heeltyd bewus daarvan. Petrus sê: "Julle is nie mense wat net vir hierdie wêreld leef en vir wat julle daaruit kan kry nie" (1 Petrus 1:18). Ek word uitgenooi om met ‘n diep bewussyn van Hom te lewe. Oral en altyd … bewus van Hom.
Hierdie bewussyn kom tot stand met tyd — soos wat ons leer om te bid. Paulus sê: “Ek wil graag hê dat julle volstoom vir die Here moet leef” (1 Korintiërs 7:35 DB). Om die bewussyn te ontwikkel het ek ‘n sekere plek en tyd nodig om te bid; soms met intensiteit, soms sonder intensiteit.
Die laaste opdrag van Jesus aan hierdie dissipels wat aan die slaap geraak het was: “Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het" (Matteus 28:20 MSG). Dit is wat die dissipels toe gedoen het deur alles neer te skryf wat Hy vir hulle gesê het. Hulle leer ons nou deur hierdie verhale wat ons lees.
Oefening
- Vra Hom om jou bewus te maak (te laat sien, agterkom, besef, herinner) …
- hoe jou manier van lewe bydra tot die bewussyn waarmee jy lewe,
- wat jy kan los of begin doen wat kan help om met ‘n groter bewussyn van Hom te lewe.
Gebed: Ek vra vir ‘n diep bewussyn van u liefde en werk in my lewe.
Scripture
About this Plan

Met hierdie Lydenstydreis bring ons 40 dae in Getsemane deur — daar in die tuin waar Jesus angsbevange by sy Vader pleit en in gesprek met God tree.
More
Related Plans

God's Book: An Honest Look at the Bible's Toughest Topics

Sharing Your Faith in the Workplace

Legacy Lessons W/Vance K. Jackson

Game Changers: Devotions for Families Who Play Different (Age 8-12)

Awakening Faith: Hope From the Global Church

You Say You Believe, but Do You Obey?

24 Days to Reflect on God's Heart for Redemption

30 Powerful Prayers for Your Child Every Day This School Year

Protocols, Postures and Power of Thanksgiving
