kykNET Lydenstydgids 2025: In die Skadu van GetsemaneSample

Slaap julle nog steeds?
“Slaap en rus julle nog?"Lukas 22:46
Ons slaap omdat ons moet. As ons nie slaap nie sal ons ons verstand verloor. Deur te slaap verwerk ons alles wat met ons gebeur het, stoor ons belangrike gebeure in ons geheue, skep ons kreatiewe oplossings — en bowenal rus ons. Ons herlaai liggaamlik. Liggaamlike (sigbare) en innerlike (onsigbare) slaap is verweef met mekaar. Net so belangrik as wat dit is om te slaap, is dit belangrik om wakker te wees. ‘n Probleem is dat ons opstaan nadat ons geslaap het, maar dan nie heeltemal wakker is nie. Ons ontwaak in fases en bly soms op ‘n plek waar ons in ‘n beswyming is — ‘n bewustelike toestand.
Het jy al ooit verward wakker geword en gewonder waar jy is? Watter dag dit is? Hoe laat dit is? Baie van ons gaan deur die lewe met so ‘n bewussyn. Ons is nie bewus van wie ons is, waar ons is, wat in ons gebeur nie, en die grootste van alles — ons is nie bewus van Hom wat in ons lewens werk en om ons doenig is nie. (Laat ons nie aan die slaap gevang word nie. Laat ons wakker en nugter wees.– 1 Tessalonisense 5:6 NLV). So gaan ons lewe verby en lewe ons nie regtig ons lewe nie. Dit is dalk een van die groot uitdagings van ons bestaan – dat ons lou raak en gedurig aan die slaap is.
Wat laat jou aan die slaap raak? Wat ontvoer jou, neem jou weg van ‘n ope bewussyn van die Here in jou lewe?
Vir die dissipels was dit droefheid, bekommernis en sorge van die lewe. (Lukas 23:45). Ons skep beelde in ons kop van hoe alles verkeerd gaan uitwerk. ‘n Lewe met die einde in sig. Paulus sê: "Julle moenie so vasgevang raak in julle besige lewens dat julle nie agterkom hoe laat dit al is nie" (Romeine 13: 11) Dit kan ook baie goeie goed wees, soos om goeie dinge vir die Here te doen, wat ons so kan wegvoer dat ons ‘n geringe bewussyn ontwikkel wat sy direkte teenwoordigheid hier en nou uitsluit.
Oefening
- Vra die Here om jou te laat agterkom waar jy jou bewussyn van Hom verloor.
- Kyk na wat beplan is vir jou dag en let op geleenthede waar jy geneig is, of waar daar moontlikhede is waar jy jou bewussyn van Hom kan verloor.
- Is daar dalk iets wat jy kan doen om jou te help?
- Vra Hom om jou deur die dag aan Hom te herinner.
Gebed: Ek vra vir ‘n diep bewussyn van u liefde en werk in my lewe.
Scripture
About this Plan

Met hierdie Lydenstydreis bring ons 40 dae in Getsemane deur — daar in die tuin waar Jesus angsbevange by sy Vader pleit en in gesprek met God tree.
More
Related Plans

Heaven (Part 1)

Made New: Rewriting the Story of Rejection Through God's Truth

Growing Your Faith: A Beginner's Journey

God in 60 Seconds - Fun Fatherhood Moments

Heaven (Part 3)

Kingdom Parenting

Drawing Closer: An Everyday Guide for Lent

Hebrews: The Better Way | Video Devotional

Experiencing Blessing in Transition
