kykNET Lydenstydgids 2025: In die Skadu van GetsemaneSample

Waak
Getsemane
Die gras slaap nimmer.
Of die rose.
Die lelie het nie 'n geheime oog wat snags toegaan tot die volgende oggend nie.
Jesus sê, waak saam met my, maar die dissipels slaap.
Die kriek het oulike uitsteeksels aan sy pote,
en dit sing, het jy opgelet, met sy hele lyf,
en niemand weet of hy ooit slaap nie.
Jesus sê, waak saam met my, en dalk het die sterre,
dalk het die wind vasgehaak aan 'n silwerboom sonder om te beweeg,
dalk lê die meer doer anderkant waar Hy eens geloop het asof op 'n blou plaveisel,
stil en wag, wawyd wakker.
Ai, die arme lywe wat lomp toe oë lê, wat nie kon waghou nie,
hoe spyt was hulle tog,
so uiters menslik, om dit ook te weet
moet 'n deel van die verhaal wees.
Mary Oliver
(vrye Afrikaanse vertaling)
Daarna kom Jesus met sy dissipels by 'n plek met die naam Getsemane, en Hy sê vir hulle: “Sit hier terwyl Ek daar gaan bid.” Hy het vir Petrus en die twee seuns van Sebedeus saamgeneem. Toe het Hy bedroef en beangs geword38en vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak saam met My.” Hy het 'n entjie verder gegaan en daar gekniel met die gesig teen die grond en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.” Daarna kom Hy na die dissipels toe terug en kry hulle aan die slaap. Hy sê toe vir Petrus: “Kon julle nie eens een uur lank saam met My waak nie?41Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak.” 'n Tweede keer het Hy gaan bid en gesê: “My Vader, as hierdie lydensbeker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.” Toe Hy terugkom, kry Hy hulle weer aan die slaap, want van die vaak kon hulle nie hulle oë oophou nie. Hy het hulle weer alleen laat bly en 'n derde keer gaan bid en dieselfde woorde gesê. Toe kom Hy na die dissipels toe terug en sê vir hulle: “Slaap en rus julle nog? Die uur het gekom. Die Seun van die mens word in die hande van sondaars oorgegee. Matteus 26: 36-45
- As jy besef wie Jesus regtig is word Hy die groot skat wat jy ontdek en alles voor los om Hom te kan kry. Dit is sy innerlike wêreld (wat Hy dink, voel, wil), die bewussyn waarmee Hy geleef het, wat my verwonder. Die moontlikheid dat ek iets daarvan kan word, laat my hart vinniger klop. Dallas Willard beskryf dit so: “… 'n geestelike aansporingsproses van groei van die innerlike tot die beeld van die innerlike van Christus.”
- Om waaksaam te lewe is om met ‘n skerp, breë bewussyn te leef. My lewe word groot, sinvol en vul my met dankbaarheid en verwondering.
- Ek word na ‘n plek geneem waar ek ‘n diep begeerte kry om soos Hy te lewe maar ek besef ek sal dit nie self kan regkry nie. Hy sal my moet help.
Gebed: Ek vra vir ‘n diep bewussyn van u liefde en werk in my lewe.
Scripture
About this Plan

Met hierdie Lydenstydreis bring ons 40 dae in Getsemane deur — daar in die tuin waar Jesus angsbevange by sy Vader pleit en in gesprek met God tree.
More
Related Plans

Numbers | Reading Plan + Study Questions

The Artist's Identity: Rooted and Secure

One New Humanity: Mission in Ephesians

Evangelistic Prayer Team Study - How to Be an Authentic Christian at Work

Finding Freedom: How God Leads From Rescue to Rest

The Gospel of Matthew

Jesus When the Church Hurts

I Don’t Like My Kid Right Now: Honest Truths for Tired Christian Parents

(Re)made in His Image
