kykNET Lydenstydgids 2025: In die Skadu van GetsemaneSample

Onbeantwoorde gebed
Hy het Hom toe van hulle afgesonder omtrent so ver as 'n mens met 'n klip kan gooi. Daar het Hy gekniel en gebid: “Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied!” Lukas 22:41-42
Die gebed van Getsemane was ‘n gebed van oorgawe. "Neem tog hierdie lydensbeker van my af weg – nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied." En tog gaan die beker nie verby nie — Jesus se gebed word nie beantwoord nie. Jesus het die las van onbeantwoorde gebed geken. Hy wou werklik hê dat die beker verby sou gaan, en hy het gevra dat dit sou gebeur. "As u bereid is," was sy vraag. "Is daar 'n ander manier? Kan mense deur 'n ander manier verlos word?" Die antwoord — nee!
Andrew Murray skryf: "Hy het vir ons sondes gely onder die las van daardie onbeantwoorde gebed." Dit gebeur dikwels met ons dat ons onbeantwoorde gebede in die gesig staar en ons wonder: "Wil God nie help nie? Stel Hy nie belang nie of bid ons nie reg nie?" In Jesus se gebed in Getsemane kry Hy nie wat Hy vra nie, maar die grootste verlossingswerk in die geskiedenis van die mensdom gebeur wanneer Hy oorgee aan die Vader se wil. Die weg van oorgawe. "My wil moet geskied" word oorwin deur "nie my wil nie. Laat u koninkryk kom". Dis ‘n gebed wat ook sê: "Laat my koninkryk gaan."
In die skool van Getsemane leer ons dat my wil, my pad, my goed moet buig voor 'n hoër gesag en dat onbeantwoorde gebede juis dalk die bes beantwoorde gebede is.
Oefening
Vra Hom om jou bewus te maak van Sy wil en jou moed te gee om jou wil te laat gaan.
- Dink terug aan onbeantwoorde gebed in die verlede waar jy nou ‘n uitkoms sien gebeur het.
- Hoe kan jy opnuut oorgee vir die wil van die Here, al sien jy nie uitkoms van jou gebede nie?
Gebed: Ek vra vir ‘n diep bewussyn van u liefde en werk in my lewe.
Scripture
About this Plan

Met hierdie Lydenstydreis bring ons 40 dae in Getsemane deur — daar in die tuin waar Jesus angsbevange by sy Vader pleit en in gesprek met God tree.
More
Related Plans

From PlayGrounds to Psychwards

10-Day Marriage Series

The Key of Gratitude: Accessing God's Presence

NT One Year Video - Q1

Blessed Are the Spiraling: 7-Days to Finding True Significance When Life Sends You Spiraling

7 Ways to Grow Your Marriage: Wife Edition

A Word From the Word - Knowing God, Part 2

A Spirit-Filled Life

Standing Strong in the Anointing: Lessons From the Life of Samson
