kykNET Lydenstydgids 2025: In die Skadu van GetsemaneSample

Gebed
"Staan op en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie" – Lukas 22:46b.
Jesus se gebedslewe was dinamies. Voordat Hy sy bediening begin het, het Hy vir meer as 'n maand in die wildernis gevas en gebid. Voordat Hy sy twaalf dissipels gekies het, het Hy die hele nag gebid. Toe Hy die ontstellende nuus gehoor het dat Johannes tereggestel is, het Hy homself onttrek en gebid. Nadat Hy vyf duisend mense gevoed het, het Hy onttrek en gaan bid. Toe Hy in die tuin van Getsemane sy eie dood in die oë gestaar het, het Hy gebid. Selfs in sy donkerste ure van liggaamlike en geestelike marteling aan die kruis, het Jesus uitgeroep en gebid.
Maar dit het nie daar opgehou nie. Na sy opstanding het Jesus sy dissipels beveel om sy voorbeeld te volg, sodat die kerk uiteindelik ontstaan het deur hulle wat almal saam voortdurend in gebed was. En toe dit begin groei het, het die apostels voortgegaan om hulle Here se voorbeeld te volg deur met vasberade gebed voortdurend vir die kerk en die wêreld te bid. Jakobus sê: "Die vurige gebed van die regverdige het groot krag." Jesus sê vir sy dissipels in Getsemane, gebed help julle om nie in versoeking te kom nie. Dit laat my dink aan die skrywer van Hebreërs wat sê: "Die oog gevestig op Jesus, die begin en die einde van ons geloof." Gebed help ons om nie ons fokus te verloor tydens die geloofsreis waarmee ons besig is nie.
Miskien is slaap en gebed die twee pole waar ons onsself bevind. Slaap maak ons onbewus, gebed maak ons bewus. Slaap maak ons blind, gebed maak ons oë oop. Slaap maak ons selfgesentreerd en eensaam, gebed fokus ons gedagtes op die Een met wie ons in ‘n wonderlike verhouding staan.
Oefening
Vind ‘n plek, soos Jesus ons na uitnooi, “'n stil, afgesonderde plek”, en vra die Here om jou bewus te maak van die dinge waarvoor jy moet bid.
- Het iemand jou onlangs gevra om vir of saam hulle te bid? Bid nou vir hom/haar/hulle.
- As jy kyk na die wêreld om jou, wat lê op jou hart om vir die Here te gee en daaroor te bid?
Gebed: Ek vra vir ‘n diep bewussyn van u liefde en werk in my lewe.
Scripture
About this Plan

Met hierdie Lydenstydreis bring ons 40 dae in Getsemane deur — daar in die tuin waar Jesus angsbevange by sy Vader pleit en in gesprek met God tree.
More
Related Plans

Rescue Breaths

Leading Wholeheartedly

The Lord Speaks to Samuel

Art in Scripture: Be Anxious for Nothing

FruitFULL : Living Out the Fruit of the Spirit - From Theory to Practice

What Does God Want Me to Do Next?

One New Humanity: Mission in Ephesians

Psalm 2 - Reimagining Power

Season of Renewal
