kykNET Lydenstydgids 2025: In die Skadu van GetsemaneSample

Word wakker
Toe Hy van die gebed opstaan en by die dissipels kom, kry Hy hulle aan die slaap, uitgeput van droefheid. Hy sê toe vir hulle: “Waarom slaap julle? – Lukas 22:45-46a
Jesus weet hoekom sy dissipels slaap, maar nog steeds vra Hy hulle … waarom? Dis so asof Hy by hulle en ook ons wil hoor wat gebeur, wat beleef jy, wat gaan binne jou aan? Maar saam met dit ook die uitnodiging om wakker te word vir dit wat gebeur. Dadelik kom die woorde van Paulus ter sprake in Efesiërs 5, as hy sê: "Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn." Word wakker is ‘n uitnodiging om teenwoordig te wees, saam met die Here hierdie pad te loop, maar ook nie met veroordeling te leef van dit wat jy nie regkry of nie is nie. Dis nie net ‘n wakker-word nie, dis ‘n lewend-word.
Jesus sê: "Word wakker! Maak oop jou oë. Kyk wat om jou aan die gebeur is. Ek is nog hier. Ek is nog besig. Dis donker, maar die môre kom!"
"Wild Geese" bied die leser wysheid op 'n sagte, vreedsame manier. Sy sê vir die leser dat, as jy wanhoop of gevoelens van onvergenoegdheid ervaar, kyk na die natuur en kyk na die kolganse. Dit is asof Oliver al die eise van die samelewing erken en die gewig wat dit op jou skouers plaas. En om as’t ware bewus te wees van die een wat langs jou staan en vra, waarom … waarom slaap jy? Waarom is jy beswaard? Waarom treur jy? Staan op, laat ons gaan.
Oefening
- Vat ‘n tyd deur jou dag om net om jou te kyk - wat sien jy? Vra die Here om jou bewus te maak van dit wat jy van wakker moet word, om jou te help om teenwoordig te wees in wat nou is.
- Waarheen voel jy genooi om van wakker te word? Dalk ‘n verhouding of situasie?
Gebed: Ek vra vir ‘n diep bewussyn van u liefde en werk in my lewe.
Scripture
About this Plan

Met hierdie Lydenstydreis bring ons 40 dae in Getsemane deur — daar in die tuin waar Jesus angsbevange by sy Vader pleit en in gesprek met God tree.
More
Related Plans

Rescue Breaths

Leading Wholeheartedly

The Lord Speaks to Samuel

Art in Scripture: Be Anxious for Nothing

FruitFULL : Living Out the Fruit of the Spirit - From Theory to Practice

What Does God Want Me to Do Next?

One New Humanity: Mission in Ephesians

Psalm 2 - Reimagining Power

Season of Renewal
