YouVersion Logo
Search Icon

kykNET Lydenstydgids 2025: In die Skadu van GetsemaneSample

kykNET Lydenstydgids 2025: In die Skadu van Getsemane

DAY 24 OF 41

Met inspanning

Ons kry almal een of ander tyd swaar. Jesus het ook in ‘n sware stryd (agonia = agony) gekom. Sy reaksie was om met groter inspanning te bid en bloed te sweet. Dit was nie iets wat Hy gedoen het sodat Hy nooit weer ‘n sware stryd hoef te ervaar nie. Ons gaan van tyd tot tyd ervaar dat Hy ons voorberei het deur dit vir ons te sê:

“Natuurlik is dit nie maklik om te doen wat die Bybel vra nie. Die pad wat na God se nuwe wêreld toe lei, is baie moeilik en ook bitter smal. Min mense loop daarop omdat dit groot opofferings vra" – Matteus 7:13,14 DB. Ons word dan genooi om sy voorbeeld te volg in sulke tye deur onsself in te span.

Ons leef in ‘n tyd van gemak en vinnige kortpaaie na dit wat ons wil hê. Ek hoor dikwels dat mense sê dit werk nie vir my nie, omdat dit ongemaklik is en baie inspanning van my vra. Ons besluite word dan gemaak met gemak en ontspanning in gedagte. Paulus gebruik die metafoor van ‘n atleet wat homself kasty, onthou en inspan om ‘n beloning te ontvang (1 Korintiërs 9:25,27). Hy sê vir ons daardeur dat die fisieke (uiterlike) beginsel vir vervulling ook van toepassing is op ons individuele psigiese en geestelike lewe.

Daar kom uitdagende tye in ons lewens waar ons benoud en bedroef kan raak en in ‘n sware stryd kan val. Dit is die tyd van groot inspanning en intensiteit. Ek bid tot ek nie meer kan nie. Tot ek, soos die dissipels, aan die slaap raak.

Toewyding vra nie net inspanning nie. Hy het ook tot rus gekom en sy dissipels aangemoedig om te slaap (Matteus 26:45), nadat Hy hulle eers gevra het om die slaap te weerstaan en saam met Hom met groter inspanning te bid. Ons persoonlikhede bepaal ons geneigdheid om te veel te wil doen (inspanning/werk) of te min te doen (ontspanning/rus). Om te groei in onderskeiding om die ongeforseerde ritmes van genade te vind, is ‘n groot geskenk.

Oefening

Vra Hom om jou bewus te maak (te laat sien, agterkom, besef, herinner) van en aan…

  • die plek waar jy nou in jou lewe is en die uitnodiging te ontdek van “ontspanning” of “met groter inspanning.”

Gebed: Ek vra vir ‘n diep bewussyn van u liefde en werk in my lewe.

Scripture