kykNET Lydenstydgids 2025: In die Skadu van GetsemaneSample

Herhalingsgebed
Jesus het sy versoek drie keer herhaal en dieselfde woorde gebruik (Matteus 26:44). Hy is nie teen herhaling nie maar teen ydellike herhaling (Matteus 7). Dit lyk of daar veral in die Weste gedink word aan gebed as iets intellektueel wat baie deurdag moet plaasvind volgens die voorbeeld van die Ons Vader-gebed. Die kerk in die Ooste lê weer meer klem op die hart. Die kop moet in die hart gaan lê en ons moet leer om altyddeur te bid. Al werk ons hande kan ons hart bid. Die manier waarop ons dit regkry om gedurig te bid is om ‘n herhalingsgebed te bid soos ‘n mantra. Die mees bekende vorm van die gebed is die Jesus-gebed: Jesus Christus, Seun van God, wees my genadig. Die kortste vorm is net die gebed om die naam van Jesus te sê.
Dit word ook soms met jou asemhaling gedoen. Jesus Christus – (asem uit) wees my genadig (in). Dit word sag en teer gebid. Daar is ‘n eeue-oue tradisie rondom die gebed en miljoene Christene het al baat gevind daarby om op dié manier te bid.
Oefening
- As jy aangetrokke voel om so te bid, kan jy eksperimenteer deur die gebed vir 10 minute lank te bid.
- Let op wat met jou gebeur het in die 10 minute van bid op hierdie manier.
- Begin daaroor lees en vra iemand wat die gebed bid om jou meer daaroor te leer. Baie mense buite die Oosterse tradisie beskryf dit as ‘n manier van meditasie.
Herhalingsgebed
Ek vra vir ‘n diep bewussyn van u liefde en werk in my lewe.
Scripture
About this Plan

Met hierdie Lydenstydreis bring ons 40 dae in Getsemane deur — daar in die tuin waar Jesus angsbevange by sy Vader pleit en in gesprek met God tree.
More
Related Plans

Numbers | Reading Plan + Study Questions

The Artist's Identity: Rooted and Secure

One New Humanity: Mission in Ephesians

Evangelistic Prayer Team Study - How to Be an Authentic Christian at Work

Finding Freedom: How God Leads From Rescue to Rest

The Gospel of Matthew

Jesus When the Church Hurts

I Don’t Like My Kid Right Now: Honest Truths for Tired Christian Parents

(Re)made in His Image
