YouVersion Logo
Search Icon

kykNET Lydenstydgids 2025: In die Skadu van GetsemaneSample

kykNET Lydenstydgids 2025: In die Skadu van Getsemane

DAY 21 OF 41

Deel Alles met Hom

Gebed is 'n verhouding. Dit is ‘n ontmoeting. Jesus deel sy benoudheid en droefheid met sy dissipels en die Vader (Matteus 26:38). Hy word kwesbaar. Hy erken wat regtig in Hom aan die gang is. Dit mag dalk lyk of dit nie gepas is vir ‘n Messias om so swak te wees nie, maar dit is al hoe ‘n ware ontmoeting kan plaasvind. Dit kan net gebeur wanneer ek kan kontak maak met dit wat regtig in my aan die gang is en dan die moed het om dit te deel. Hoe onvanpas dit ook al is.

Ek was op ‘n gebedsreis saam met iemand wat my byna ‘n jaar lank begelei het. Ek het daagliks een uur (Matteus 26:40) in gebed spandeer en weekliks met my begeleier ontmoet. Wanneer ons ontmoet het, het hy my gevra wat in my lewe gebeur en ek het dit dan met hom gedeel. Hy het my weekliks gevra of ek dit met Jesus gedeel het. My antwoord was altyd vinnig "ja" en ek kon nie verstaan hoekom hy kan dink dat ek nie sal bid nie. Ek bid al vir jare! En op ‘n dag sit hy ‘n frase by toe hy weer die vraag vra: "Het jy dit met Jesus gedeel soos jy dit met my deel? Soos ‘n vriend?" Skielik tref dit my tussen my oë. Ek is baie formeel, brei nie uit nie en deel nie regtig my gevoelens nie, want Hy weet dit mos. Ek het besef ek het ‘n formele verhouding. Ek is nie regtig openhartig en eerlik nie. Ek het besef dat dit nie God is wat my eerlikheid nodig het nie, maar dat dit ek is wat nodig het om eerlik te wees. Deur dit te doen gee ek Hom toegang tot my hart, soos wat ek na my eie kind sal luister. Ek moedig dit aan en gee nie raad nie (die meeste van die tyd) want daardeur kom ek in sy hart. Hy voel ek verstaan en Hy wil alles met my deel en ek en Hy word goeie vriende.

Oefening

Jy word uitgenooi om nou ‘n brief (Psalm) vir Hom te skryf en eerlik, so goed as wat jy kan, jou gevoelens met Hom te deel.

Gebed: Ek vra vir ‘n diep bewussyn van u liefde en werk in my lewe.

Scripture

About this Plan

kykNET Lydenstydgids 2025: In die Skadu van Getsemane

Met hierdie Lydenstydreis bring ons 40 dae in Getsemane deur — daar in die tuin waar Jesus angsbevange by sy Vader pleit en in gesprek met God tree.

More