YouVersion Logo
Search Icon

kykNET Lydenstydgids 2025: In die Skadu van GetsemaneSample

kykNET Lydenstydgids 2025: In die Skadu van Getsemane

DAY 19 OF 41

Bid

Getsemane

Ek aanskou die opwaartse beuring van sagte rooi blomblare op 'n vetplant se punt,

die klewerige spinnerak wat van doring tot doring gespan is.

Deesdae, as ek skaars die woorde het om te bid — beteken dit nog steeds iets?

Antwoord: ons weet hoe sy gespanne lyf daardie aand

bloeddruppels gesweet het. En hoe die engel gekom het,

en soos 'n hand deur 'n mou deur die donker gebeur het,

soos note van 'n lied van 'n heweige wind. Alles kom

van binne na buite. Vreesgedagte ontsnap, onwillekeurig

en woes—soos motte of silwer skynsel van olyfblare —

maar, ook kom die engel uit sy wegkruipplek en sing.

Die gordyn skeur en so ook die lyf en so ook die gebed;

dis 'n soort woordelose skeuring — ons gebrokenheid —

'n inkomkans vir hom; ons gebrokenheid gevul deur syne.

Sally Read

(vrye vertaling in Afrikaans)

Lukas 22: 39-46

En Hy het vertrek en volgens gewoonte na die Olyfberg gegaan. En ook sy dissipels het Hom gevolg. En toe Hy op die plek kom, sê Hy vir hulle: Bid dat julle nie in versoeking kom nie. En Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as 'n mens met 'n klip kan gooi, en neergekniel en gebid en gesê: Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied! En 'n engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk. En toe Hy in 'n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val. Toe staan Hy van die gebed op en kom by sy dissipels en vind hulle aan die slaap van droefheid. En Hy sê vir hulle: Wat slaap julle? Staan op en bid, dat julle nie in versoeking kom nie.

  • Om Hom te wil volg in gebed moet ek eers glo dat dit moontlik is, en die moeite werd is. Die dissipels het so gedink. Hulle vra Hom: “Here leer ons bid” (Lukas 11:1). Hulle het Hom sien bid en die effek van gebed op sy lewe gesien en gedink dit is moontlik vir hulle om dit ook te doen en daarom vra hulle Hom hierdie vraag.
  • Gebed is konneksie, kommunikasie, verhoudings. As jy iets daarvan ervaar word die woord “gebed” ‘n wonderlike woord. Dit beteken nie meer skuldgevoelens, ‘n las of verpligting nie. Dit beteken lewe.
Ek word na ‘n plek geneem waar ek ‘n diep begeerte kry om soos Hy te lewe, maar ek besef ek sal dit nie self kan regkry nie, Hy sal my moet help.

Scripture