kykNET Lydenstydgids 2025: In die Skadu van GetsemaneSample

Die Beker van Oorgawe
“Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar U wil geskied! En 'n engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk. En toe Hy in 'n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val.” Lukas 22:42-44
Wanneer Jesus in Getsemane bid: “Laat hierdie beker by My verbygaan,” kommunikeer Hy sy liefde aan die Vader. Hy kommunikeer genoeg vertroue dat Hy eerlik en opreg kan sê wat Hy dink. Wanneer ons groei in ons liefde vir die Here, beteken dit dat ons volkome eerlik met Hom kan wees; ons kan sê wat in ons harte en in ons gedagtes is, maak nie saak hoe pynlik daardie opmerkings mag wees nie.
Ons kan by die psalmskrywers leer hoe om dit te doen. Ook Jesus het hulle voorbeeld gevolg toe hy aan die kruis die eerste reël van Psalm 22 uitroep: “My God, my God, waarom het U My verlaat?” Hy weet dat die psalm voortgaan — “Kom prys Hom, want Hy draai nie sy rug vir hulle wat sy hulp nodig het nie. Hy help hulle as hulle smeek dat Hy iets aan hulle nood moet doen. Hy luister as hulle na Hom roep” (Psalm 22:25 DB). Die eerlike huil, die diep gevoel van verlating, is nie die einde van die psalm, of die storie, of die goeie nuus nie.
Oorgawe, selfs 'n klein oorgawe — soos ‘n eerlike gesprek met Hom — is 'n keuse om te groei in ons liefde vir die Here. En dit is nie iets wat ons op ons eie kan doen nie. Dit is in samewerking met die krag van die Here.
Miskien wil jy soos Jesus in Getsemane “… omtrent 'n klipgooi onttrek, neerkniel en bid: ‘Vader, as U wil, neem hierdie beker van My weg; tog, nie my wil nie, maar u wil geskied.’ ”
Gebed: Ek vra vir ‘n diep bewussyn van u liefde en werk in my lewe.
Scripture
About this Plan

Met hierdie Lydenstydreis bring ons 40 dae in Getsemane deur — daar in die tuin waar Jesus angsbevange by sy Vader pleit en in gesprek met God tree.
More
Related Plans

Numbers | Reading Plan + Study Questions

The Artist's Identity: Rooted and Secure

One New Humanity: Mission in Ephesians

Evangelistic Prayer Team Study - How to Be an Authentic Christian at Work

Finding Freedom: How God Leads From Rescue to Rest

The Gospel of Matthew

Jesus When the Church Hurts

I Don’t Like My Kid Right Now: Honest Truths for Tired Christian Parents

(Re)made in His Image
