kykNET Lydenstydgids 2025: In die Skadu van GetsemaneSample

Die Beker van Vryheid
“Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar U wil geskied! En 'n engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk. En toe Hy in 'n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val.” Lukas 22:42-44
“Wanneer jy iemand se kruis dra, moenie vir hom of haar die rekening stuur nie!”
Dit is een van die lesse van Getsemane. Ek word genooi om die beker te drink wat ander nie blameer vir my beker se inhoud nie. Ja, ander se besluite het gevolge op my lewe wat ek nie self kies nie, maar Jesus nooi ons om die beker vry van bitterheid en wrokkigheid te drink.
Niemand gee hom- of haarself maklik en natuurlik oor aan die dieper eise van liefde, vergifnis en diensbaarheid nie. Transformasie deur gebed is nodig om ons daar te bring. Ons sien dit in Jesus: Eers nadat Hy gebid het, kan Hy uiteindelik sê: “Maar nie my wil nie, maar U wil geskied” (Lukas 22:42). Hy is in staat om Homself sonder 'n wrok oor te gee aan die eise van 'n liefde wat sy hele lewe sal neem. Na sy gebed in Getsemane is Hy in staat om te doen wat Hy moet doen sonder om te voel dat Hy 'n slagoffer is. Jesus gee sy lewe en vryheid prys sonder om ‘n wrok teenoor ander te dra.
Wanneer Pontius Pilatus Hom probeer intimideer deur vir Hom te sê: “Ek kan jou lewe red of ek kan dit vat,” antwoord Jesus: “Niemand neem my lewe van my af nie; Ek gee dit vrylik!” (sien Johannes 19:10–11). Geparafraseer is sy woorde: "Jy kan nie met geweld wegneem wat ek reeds vrylik uit liefde gegee het nie!" En dit is die uitnodiging wanneer ons die beker drink: “Niemand neem my liefde van my af nie; Ek gee dit vrylik oor!” Slegs dan kan ons ander liefhê en dien sonder bitterheid en sonder om ander skuldig te laat voel oor wat dit ons kos.
Maar, soos Jesus, kom ons ook op die plek om aanvanklik te sê: “Laat hierdie beker verbygaan! Daar moet ’n uitweg hieruit wees, ’n manier vir my om hiervan vry te raak.” Dis natuurlik. Dit is natuurlik om ons vryheid te wil hê, om vry te wil wees van laste, van plig, van onbillike omstandighede. Niemand wil 'n martelaarskap hê waarvoor hy of sy nie ingeskryf het nie! Maar uiteindelik sal liefde vra dat ons verby onsself beweeg en onsself offer. Daar sal altyd iemand of iets wees wat eise aan ons vryheid en geleenthede stel: kinders wat ons nodig het, 'n siek ouer, gesinsverpligtinge, 'n lewensmaat met 'n siekte, 'n krisis by ons werkplek, 'n oorlog wat ons nie wil hê nie, 'n kerk wat vrywilligers vra om te dien.
Gebed: Ek vra vir ‘n diep bewussyn van u liefde en werk in my lewe.
Scripture
About this Plan

Met hierdie Lydenstydreis bring ons 40 dae in Getsemane deur — daar in die tuin waar Jesus angsbevange by sy Vader pleit en in gesprek met God tree.
More
Related Plans

Numbers | Reading Plan + Study Questions

The Artist's Identity: Rooted and Secure

One New Humanity: Mission in Ephesians

Evangelistic Prayer Team Study - How to Be an Authentic Christian at Work

Finding Freedom: How God Leads From Rescue to Rest

The Gospel of Matthew

Jesus When the Church Hurts

I Don’t Like My Kid Right Now: Honest Truths for Tired Christian Parents

(Re)made in His Image
