VreesloosSample

Om te glo, selfs as …
Ware geloof is nie gebaseer op dit wat God vir ons kan doen en in hoe ’n mate Hy ons gebede beantwoord nie. Bybelse geloof gaan daaroor dat ons blý glo wanneer ons nié God se stem hoor nie, wanneer daar nié genesing is nie, wanneer die reën wegbly, wanneer teenslae jou blý tref … wanneer jy die mens wat jy die liefste het, verloor of wanneer jy deur vuur moet stap.
Dis in sulke tye van ontreddering wat ware geloof steeds uitroep: “Here, help my glo! Help my om U ook nou te vertrou. Want self kan ek nie!”
Getroue Vader, ek wíl onwrikbaar glo. Help my asseblief daarmee.
Hierdie oordenkings is geneem uit KRAG VIR ’N VROU SE HART deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Scripture
About this Plan

Onthou jy nog hoe bang ons as kinders vir die donker was was? Nou is ons groot en lê ons begrip van die “nag” in dinge soos verhoudingsprobleme, huwelikskonflik, werksonsekerheid, vrees oor die toekoms ... Milanie Vosloo herinner ons vandag dat daar een plek is waarheen ons as volwassenes met ons vrese kan gaan en dit is in die arms van ons hemelse Vader!
More
Related Plans

All Who Are Weary: God Is With Me

Seeds: What and Why

Arise and Shine

Joy for the Journey: Finding Hope in the Midst of Trial

Commit Your Work to the Lord

Love and Keep Loving

The Power of Prayer

Prayers for Those Who Don't Know Jesus

A Child's Guide To: Learning to Be Brave Through Brave People
