Wie Is God?Sample

Wat is die doop? — 1 Petrus 3:21
Petrus verenig in hoofstuk drie van sy eerste brief twee groot tradisies van die OT: God se seën en God se verlossing.
Aan die een kant spel Petrus die implikasies van God se seën uit: “Wees mense wat seën omdat julle daartoe geroep is, sodat julle seën as erfdeel kan verkry.” Soos God ons geseën het, moet ons ander ook seën, selfs wanneer ons met dwase en onkundige mense te doene het, selfs waar ons ly onder die boosheid van mense en sisteme. Die lyding wat ons só ervaar is in die groter prentjie van die lewe van minder belang as ‘n mens dit opweeg teen die ewige heerlikheid van die seën wat vir ons as erfdeel hierna wag.
Aan die ander kant spel Petrus die implikasies van God se verlossing uit en koppel dit aan die boodskap en betekenis van die doop: “Die doop dien … as ‘n pleit voor (gebedsversoek tot) God dat jou gewete skoon sal bly, op grond van die opstanding van Jesus Christus.” Die doop is dus ‘n bevestiging aan ons dat ons kan staatmaak op God se bevrydende werk in ons lewe, dat Hy ons sal beskerm, soos Noag dit eenmaal ervaar het met die ark op die waters. God laat ons nooit alleen nie, en sal ons bevry, ook in hierdie lewe, en uiteraard volledig in die lewe wat kom.
1. Watter verband sien jy tussen Noag se ark en die doop?
2. Help die doop jou om God se beskermende hand in jou lewe raak te sien? Watter betekenis het die doop vir jou?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat jou doop ‘n bevestiging van God se beskerming is.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van 1 Petrus 3
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

The Letter to the Philippians

How to Love Your Work and God

Lighting Up Our City Video 2: Avoiding Insider Language

Faith in Action: A Journey Through James

Life@Work - Sharing Your Faith in the Workplace

The Discipline of Study and Meditation

How to Love Like Jesus

How Is It With Your Soul?

My Problem With Prayer
