YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 351 OF 364

Vraag 51: Wat is die nagmaal?

1. Wat is die nagmaal?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

Die nagmaal beseël my inblywing in die liggaam van Christus. Christus het die brood en beker van die nagmaal ingestel as herinnering aan sy kruisdood. Dit waarborg sy versoening aan ons asof ons self die straf vir die sonde gedra het. Die nagmaal is ook ’n vreugdevolle dankfees in God se teenwoordigheid wat ons laat uitsien na die bruilofsfees as bruid van die Lam.

3. Lees Lukas 22:14-20. Wat tref jou?

4. Lees my opsomming van die boodskap daarvan. Hoe help Jesus jou om die nagmaal beter te verstaan?

Jesus stel die nagmaal in ter herinnering aan die verlossing wat Hy bring Jesus en die apostels het aangesit by die tafel. Hy het geweldig daarna uitgesien om hierdie paasete saam met hulle te eet voordat Hy sou sterf. Jesus het brood geneem en ’n dankgebed gedoen. Hy het die brood in stukke gebreek en vir hulle gegee. Hy het gesê: “Dit is my liggaam wat ter wille van julle gegee word. Gebruik dit ter herinnering aan My.” Hy het dieselfde gedoen met die beker ná die ete en gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond, bevestig deur my bloed, wat ter wille van julle uitgegiet word.” Dit is die teken van ons inblywing in die liggaam van Christus.

5. Wat beteken die nagmaal vir jou?

Scripture

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More