YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 347 OF 364

Wat is die doop? — Efesiërs 4:4-6

Paulus skryf in hierdie hoofstuk oor ons lewenswandel wat in ooreenstemming moet wees met die roeping wat ons van God ontvang het. Ons moet beskeie, vriendelik, geduldig, en verdraagsaam wees met mekaar om die eenheid te kan handhaaf. Die grootste motivering daarvoor lê in dié dinge wat ons saambind. Dan sal ons daarin slaag om in alle opsigte te groei na Christus toe.

1. Wat is die dinge wat ons saambind volgens Paulus? Is dit dinge wat jou help om die eenheid te soek met ander gelowiges?

2. Wat dink jy beteken dit dat Paulus hier praat van één doop? Dink jy ‘n mens kan meer as een keer gedoop word? Hoekom dink jy so?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat jou doop jou aan God verbind en daarom nooit herhaal hoef te word nie.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Efesiërs 4 lees met die tema: Om saam in alle opsigte te groei na Christus toe.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More