Wie Is God?Sample

Wat is die nagmaal? — Handelinge 2:41-47
Die uitstorting van die Heilige Gees vind plaas op Pinksterdag, ’n Joodse oesfees (Levitikus 23:15-16). Die oorweldigende vervulling van al die gelowiges met die Heilige Gees is die teken dat Hy deur hulle die hele wêreld vol gaan maak van die getuienis van Jesus, die Christus. Die vuur wat verdeel in tonge bevestig dat hierdie evangelie oorvertel moet word en die tale-wonder bevestig dat dit vir alle mense bedoel is.
Petrus doen in sy prediking moeite om die Skrif se voorspellings aan die opstanding en die hemelvaart van Jesus te verbind en daarmee die band met die Skrif te bevestig. Die eerste oes van gelowiges word dan op die Oesfees ingesamel, 3 000 bekeerlinge! Só word die kerk gestig.
1. Ses geestelike gewoontes vorm hierdie eerste gemeente se lewenspraktyk: die leer van die apostels (didage) wat duidelik die Skrifte ingesluit het, die onderlinge verbondenheid (koinonia), die breek van die brood (eucharistie of nagmaal), gebede, byeenkomste in die tempel en gesamentlike etes. Hoe kom dit ooreen of verskil dit van jou eie gemeente?
2. Watter betekenis het die nagmaal spesifiek vir jou?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan aan die ryk tradisie van die nagmaal wat selfs vandag nog vir jou in jou geloof bevestig.
4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Handelinge 2 met die tema: Die Heilige Gees maak alle gelowiges getuies.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

The Holy Spirit: God Among Us

Reimagine Influence Through the Life of Lydia

Everyday Prayers for Christmas

Simon Peter's Journey: 'Grace in Failure' (Part 1)

Who Am I, Really? Discovering the You God Had in Mind

Never Alone

Sharing Your Faith in the Workplace

The Bible in a Month

Gospel-Based Conversations to Have With Your Preteen
