YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 353 OF 364

Wat is die nagmaal? — Handelinge 20:7-12

Paulus is op pad na Jerusalem toe aan die einde van sy derde sendingreis. Hy doen by Troas in Turkye aan waar hy die gelowiges vir ‘n week onderrig en bemoedig. Aan die einde van die week vier hulle die Sondag die nagmaal, die maaltyd van die Here. Paulus sou die Maandag vertrek en het daarom tot middernag aanhou praat. Met die onbedoelde gevolg dat Eutigus aan die slaap raak en drie verdiepings ver hom dood val. Die wonderwerk van sy opwekking sou hulle nie net herinner het aan Elia en Elisa se soortgelyke handelinge in die OT nie. Maar ook aan die soortgelyke wonderwerke van Jesus, en ‘n keer ook van Petrus.

1. Watter verwagtings maak hierdie verhaal by jou los?

2. Die nagmaal en die opwekking van Eutigus dra dieselfde boodskap. Selfs die prediking. Dit getuig van die lewende krag van die Here Jesus wat in ons werk. Hoe verander dit jou gedagtes oor die nagmaal?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat God se krag in jou aan die werk is. Die nagmaal is een van die belangrikste tekens daarvan.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Handelinge 19:21-20:38 lees met die tema: Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang.

Scripture

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More