YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 346 OF 364

Wat is die doop? — Matteus 28:18-20

Matteus fokus die verhaal van die opstanding van Jesus op die wonder van die leë graf en die talle getuies wat Hom as die lewende Jesus ontmoet het. Kort en kragtig sê hy, Jesus het opgestaan, Hy lewe, en dít is iets wat almal moet weet.

Die dissipels word uitgenooi om by die Groot Opdrag na die wêreld betrokke te raak. Jesus het alle mag in die hemel en op aarde ontvang en vra dat hulle dissipels gaan maak van al die nasies, hulle doop in die Naam van die Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, en hierdie dissipels leer om alles te onderhou wat Jesus hulle beveel het.

En Jesus voeg daaraan by dat Hy met sy dissipels sal wees tot aan die voleinding van die wêreldgeskiedenis.

1. Wat beteken die doop in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees vir jou?

2. Wat beteken dit vir jou dat alle mag aan Jesus behoort en dat Hy met ons tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis is?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner om aan hierdie Groot Opdrag gehoorsaam te wees.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Matteus 28 met die tema: Jesus staan op uit die dood en gee die Groot Opdrag aan sy dissipels.

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More