Wie Is God?Sample

Wat is die doop? — Romeine 6:1-5
Paulus werk in Romeine 6 met twee waarhede. In Christus is ons 1) dood vir die sonde en die mag daarvan en 2) lewend vir God. God en die sonde word as’t ware as twee magte of kragvelde geteken wat teenoor mekaar staan. Ons is uit die kragveld van die sonde geneem en geplaas in die kragveld van God. En dit is waar ons moet lewe, in die kragveld van God.
Hierdie twee waarhede word aan ons deur die doop verkondig. Deur die doop kry ons deel aan Christus se kruisdood vir die sonde en sy opstanding om te lewe vir God.
Dit het twee implikasies vir ons daaglikse lewe. 1) Ons kan nie meer in die sonde voortlewe nie. 2) Ons is nou in diens van wat God wil.
1. Wat beteken jou doop vir jou?
2. Hoe lyk jou nuwe lewe in die praktyk? Waarin moet jy nog groei?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat jy vir die sonde dood is en vir God lewe.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Romeine 6 met die tema: Om vir God te lewe en nie vir die sonde nie.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Horizon Church October Bible Reading Plan - the Book of Romans: Freely Justified

The Table: What a Boy Discovered at Camp

Workplace Evangelism - 40 Rockets Tips (26-30)

The Letter to the Colossians and the Letter to Philemon

I Feel Abandoned

So That

God's Love Letter to You - Chronological Bible in a Year

Parables of Grace: Embrace God’s Love for You

Unlimited Motherhood: Overcome 12 Limits That Overwhelm and Conflict Our Hearts
