YouVersion Logo
Search Icon

Wie Is God?Sample

Wie Is God?

DAY 299 OF 364

Vraag 43: Wat is die Ons Vader? — Lukas 22:39-46

Die intensiteit van Jesus se lyding neem toe met die worsteling in Getsemane. Die stryd is nie net swaar weens dít wat vir Hom voorlê nie, maar ook omdat dié wat Hy gekies het om saam met Hom te wees, nie in staat is om Hom bystaan nie, en Hy diep alleen en eensaam in sy stryd voel.

1. Wat leer jy hieruit oor gebed en die gemeenskap met ander gelowiges?

2. Selfs die engel wat Jesus kom versterk, is nie genoeg om te keer dat sy sweet (in die nag!) soos bloeddruppels van Hom af tap nie. Wat leer jy hieruit oor gebed en die erns daarvan?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die behoefte aan ondersteuning wat ons almal in gebed het. Wie is daar wat jou ondersteuning nodig het? Wie kan jou ondersteun?

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Lukas 22 met die tema: Die Seun van God ly vir ons.

Scripture

About this Plan

Wie Is God?

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.

More