Wie Is God?Sample

Vraag 43: Wat is die Ons Vader? — Lukas 9:18-22
Dit is opvallend hoe 'n belangrike rol gebed speel in Jesus se lewe. Hy bid byvoorbeeld by elke belangrike wending in sy bediening. Hy vertrek na ‘n eensame plek net voor die roeping van eerste dissipels en die uitbreiding van sy bediening in Galilea (Lukas 4:42). Hy bid voor die keuse van die 12 dissipels en die lewering van die bergrede (Lukas 6:12). Hy bid soms alleen terwyl sy dissipels by Hom is sodat hulle kan leer by Hom (Lukas 9:18). Hy bid op die berg van verheerliking en net voor Hy die pad na Jerusalem aandurf en die 72 sendelinge uitstuur (Lukas 9:28). Hy bid selfs net voor sy onderrig oor gebed (Lukas 11:1). Hy bid ‘n laaste keer op die Olyfberg (Getsemane) net voor die kruisiging (Lukas 22:30).
1. Wat leer jy hieruit?
2. Jesus begin al hoe meer op die 12 fokus. Die tyd het vir Jesus aangebreek om sy dissipels in te lei in sy ware identiteit en die doel van sy koms na die aarde.Die tyd was ryp vir hulle (en Hom) dat Hy Hom kan gee vir sy verwerping, kruisdood, en opstanding. Daarom begin Hy met hulle daaroor gesels. Wat leer jy hieruit?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat dit net deur gebed is wat jy jou ware identiteit en roeping as kind van God kan verstaan en uitleef.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Lukas 9 met die tema: God is getrou om ons alles te gee wat ons in die bediening nodig het.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Be Fruitful

Living LifeWise: The Good Samaritan

Helping Your Kids Know God's Good Design

God With Us: Lessons From the Incarnation

Victory Is Yours: Overcome Life’s Challenges God's Way

THE PRAYER of JABEZ

Spiritual Portals

The Power of Generosity: Sharing God’s Abundance

7 Days to Fall in Love With Jesus – Jean-Luc Trachsel
