Wie Is God?Sample

Vraag 43: Wat is die Ons Vader? — Lukas 6:12-13
Geen beweging van waarde het nog ooit ontstaan sonder dat daar nie ’n groepie dissipels was wat ingelei kon word in die boodskap en draers daarvan kon word nie. Jesus het dit geweet en optimaal benut. Daarom sonder Hy Homself af, bid, en kies dan twaalf wat by Hom kan leer en uiteindelik die impak van Jesus se evangelie kan vermenigvuldig.
1. Wat sê dit vir jou van jou verhouding met Jesus?
2. Wat sê dit vir jou van jou eie bediening of roeping?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die rol van gebed in die uitleef van jou roeping.
4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Lukas 6 lees met die tema: Luister en Leef.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Horizon Church October Bible Reading Plan - the Book of Romans: Freely Justified

The Table: What a Boy Discovered at Camp

Workplace Evangelism - 40 Rockets Tips (26-30)

The Letter to the Colossians and the Letter to Philemon

I Feel Abandoned

So That

God's Love Letter to You - Chronological Bible in a Year

Parables of Grace: Embrace God’s Love for You

Unlimited Motherhood: Overcome 12 Limits That Overwhelm and Conflict Our Hearts
